Munisipale personeel is vasbyters

Munisipale personeel is vasbyters

Gansbaai Courant

“Hierdie is eintlik ‘n uitsonderlike gebeurtenis, aangesien dit nie maklik in ‘n dorp van Gansbaai se grootte gebeur dat personeel só lank by dieselfde instansie werksaam is nie,” sê mnr Kat Myburgh, Areabestuurder van die Overstrandse Munisipaliteit se Gansbaai Administrasie.

Tydens ‘n Wyksvergadering van Wyk 2 is vier personeellede gelukgewens met etlike jare se diens as munisipale amptenare. Hulle is: Hantie Vermeulen (33 jaar - Finansies); Sharman Geldenhuys (30 jaar - Biblioteekdienste); Sanet Otto (30 jaar - Kassiere); David Pieters (20 jaar - Riool Afdeling).

Dit is merkwaardig dat tussen die drie dames hulle met bykans ‘n eeu se diensjare spog. Tydens dieselfde Wyksvergadering is Edna van der Linde van Gansbaai Biblioteek gelukgewens met die verwerwing van die sertifikaat: Information and Knowledge Management in Libraries. Edna het in 2013 met haar graad, Information Science (destydse Biblioteekkunde), by UNISA begin. Van die 30 verpligte vakke het sy 19 suksesvol voltooi. Edna het op 9 Februarie 2009 op ‘n tydelike basis by Gansbaai Biblioteek begin werk en is op 1 Julie 2014 permanent aangestel - in totaal dus 7 jaar by die biblioteek. “Ek nooi graag enige persoon in die dorp uit wat by UNISA ingeskryf is, of van voorneme is om dit te doen, om my by die biblioteek te kontak,” sê Edna.

“Ek sal graag behulpsaam op enige gebied wil wees, aangesien dit deel van my studierigting is.” Sy het haar opregte dankbaarheid teenoor die munisipaliteit uitgespreek vir die subsidiëring van haar studies, wat sy as ‘n groot voorreg beskou.

Hardus Botha

Munisipale personeel is vasbyters

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant