Hardebaard

Hardebaard

Gansbaai Courant

‘n Eretitel  --  hoe kwalifiseer ‘n hengelaar om as Hardebaard erken te word? Ons het mos maar hierdie beeld van ‘n ouerige persoon. Dis, reken ek, korrek, maar dis ‘n halwe storie. Ouderdom alleen gaan dit nie doen nie. Ondervinding deur die jare, ja. Daarmee gaan saam “iets” wat nie aangeleer kan word nie. Ek dink dis soort van aangebore. Die wysheid om ‘n gesonde oordeel te vel oor goed soos  water- en weeromstandighede, waar, wanneer en hoe om te hengel en natuurlik die wysheid om ander hengelaars te lei en as voorbeeld te dien.. Van ons sal byv. omstandighede in ag neem voor ons besluit om af te sit water toe, maar die Hardebaard sal rustig wees en sy, “nee wat, gee nog ‘n dag of twee” is moeilik om te verstaan. En meerendeel is hy reg!

Wanneer jy op die hawe wag en onseker is of jy die kans moet waag om in te stoot is dit dikwels hierdie manne wat jou   besluit sal beinvloed. Ek het een keer iets baie spesiaals in ‘n praatjie met ‘n Hardebaard gehoor. My vraag aan hom was hoe hy weet dis veilig om Holbaai toe te gaan wanneer die water so rof voorkom in Kleinbaathawe. Hy het  na ‘n sekere area verwys en gesê as dit daar kalm is is dit ook in Holbaai. Ek glo hom maar is self nog skepties  --  ek is dalk steeds oorversigtig.

Ek het verwys na ouderdom maar ek weet van meer as een skipper wat nog lank nie as oud sal kwalifiseer nie, en hierdie ouens “ken van”, hoor! Gee hulle bietjie kans en met die baard wat harder en weliger word gaan die manne binnekort hierdie titel waardig wees. Tog is die prentjie daar van hierdie ouerige persoon met wie jy praat  --  hy sit oorkant jou, en hy rook pyp, rustig. Wanneer jy hom ‘n vraag vra, word daar eers nagedink, nog ‘n trek aan die pyp en dan eers sy antwoord. En jy weet instinktief, luister maar, dis ouderdom en baie jare se ondervinding wat nou praat. Van die ouens het hulle eie    persoonlikheid en noem ‘n ding op sy naam, dis sy prioriteit en maak hom boonop ‘n karakter wat so bietjie verskillend is van die ander. Maar luister wanneer hy praat, jy kan net leer.

Van hierdie manne gesels net so lekker wanneer dit oor bootsake gaan as waneer hulle oor die langstokke gesels. Die   verwysing na die aasvasmaak of wanneer die water “reg” is en hoe diep om te gooi, voor, agter of langs ‘n rif, hoog, of laagwater, die stand van die maan. Hy weet.

Dankie tog vir die Hardebaarde!

Groete, Seemeeu

Hardebaard

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant