Jesus? Onbekend? Watwou! Hy is “Die Man!”

Jesus? Onbekend? Watwou! Hy is “Die Man!”

Gansbaai Courant

“Hulle vra Hom toe: “Wie is jy?” Jesus het hulle geantwoord: “Waarom praat Ek eintlik nog met julle?” (Joh 8:25) 

“Toe Jesus in Jerusalem ingaan, het die hele stad in beroe-ring gekom en gevra: “Wie is hierdie man?” (Mat 21:10) 

 “Wie is U, HERE?” vra hy toe. “Ek is Jesus,” antwoord Hy. “Dit is vir My wat jy vervolg.” (Hand  9:5)

Is dit nie vir jou baie interessant hoe belangrik dit vir ons kinders en ook die meeste volwassenes is dat jy bekend, beroemd of populêr moet wees nie. Op feitlik elke tydskrif se voorblad  is daar gesigte van beroemde filmsterre en sportmanne. Die kinders sal dan van iemand wat baie gewild is sê: "He is the man!” “Hy is die man!”

Ek wonder of die jeug van die wêreld ook van Jesus sou sê: “He is the Man!”?  Hy was nooit gewild of beroemd onder die mense van Sy tyd nie. Hy het geen popliedjie gekomponeer of mooi gesing nie. Hy het geen boeke geskryf of sy hand-tekening uitgedeel vir gillende tieners nie. Hy het geen      bekende skildery geskep of standbeelde uitgebeitel nie. Hy was nie ryk of ’n groot besigheid begin nie. Hy het geen leër aangevoer of oor ’n nasie regeer nie. Maar is Hy bekend of ’n held?

Ja! Al het Hy geen reël neergeskryf is Hy desnieteenstaande die held van ontelbare boeke in feitlik al die tale van die wêreld. Al het Hy geen lied gekomponeer nie plaas Hy die lied in die harte van ontsettend baie mense en word daagliks liedere bygevoeg wat Hom besing. Al dink die  jeug nie so nie, maar Hy het baie meer aanhangers as die Beatles, Elvis Presley, Britney Spears en al die moderne helde saam! Al het Hy aan geen sport deelgeneem en geen bal gegooi nie, is Hy die inspirasie van meer sportmanne as wat jy jou kan indink!

Ja, Hy het geweier om deur die Jode gekroon te word, maar Hy is vandag die Koning van miljoene.

Al dink Jacob Zuma of Barack Obama hulle regeer – weet hulle nie dat Jesus die eintlike Regeerder is nie.  Hy hoef Homself nie bekend te stel op die voorblad van tydskrifte nie – want die Heilige Gees maak Hom bekend aan enige iemand. Hy kan enige harde hart verander of kwaadwillige  mens in sy spore stuit. Vra maar vir Paulus wat met hom gebeur het   terwyl hy op pad na Damaskus was om Christene te gaan   vervolg (Handelinge 9).

Jesus is “my Man!” Hy het die Woorde van die ewige lewe met Sy dood geskryf! (Joh. 6:68) Hy is die lewende brood wat my grootste honger stil. (Joh. 6:35) As ek dors is, drink ek van Hom!  (Joh. 6:35) As ek moeg is kry ek al my krag weer terug by Hom! (Mat. 11:28-30) As ek bang is, gaan kruip ek weg in Sy liefde! (Rom. 8:31-39) Ken jy vir Jesus? Aanbid jy Hom ook as die held van die ware lewe? Kom ons staan saam op in Sy Naam en skreeu: “Hy is Die Man!”

Jesus? Onbekend? Watwou! Hy is “Die Man!”

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant