Birkenheaders se 3de Kompetisie

Birkenheaders se 3de Kompetisie

Gansbaai Courant

Op 6 Februarie het die Birkenhead Boothengelklub hul 3de boothengelkompetisie aangebied. Die hengelaars was redelik tevrede met hul vangstes, maar dit was nie waarop hulle gehoop het nie. Die mooi getal van 6 bote het ingeskryf, waarvan almal ingeweeg het.

Die totale aantal bemanning was 18, waarby 2 juniors ingesluit was. 5 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 64 met 'n totale massa van 43.7kg, wat ‘n gemiddeld van 2.43kg per hengelaar beteken.

Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Philip Fourie (Rooi Roman - 1.95kg); 2de swaarste vis, Johan Burmeister (Rooi Stompneus - 1.90kg); swaarste sak (8.55kg), Philip Fourie; 2de swaarste sak (8.30kg), Johan Burmeister; swaarste bootgemiddeld (8.43kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (4.38kg), Relêks 2 van Jean Downing; Junior swaarste sak (0.65kg), JP Uys.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2016 is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (18.86kg), Relêks 2 van Jean Downing (14.46kg), Oupa van Ben Uys (10.80kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (19.40kg), Philip Fourie (18.30kg), Jean Downing (17.40kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (2.95kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (9.25kg), JP Uys (7.55kg).

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 5 Maart 2016 geskeduleer, met ‘n aandfunksie daarna.

Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Birkenheaders se 3de Kompetisie

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant