Frustrasie vir die hengelaar

Frustrasie vir die hengelaar

Gansbaai Courant

Dat so ‘n klein dingetjie jou so kan frustrreer is amper ‘n onmoontlikheid. Boonop is dit iets wat as noodsaaklik (of amper!) beskou kan word.  --  rekgare. Die manne met die langstokke maak gewoonlik heelwat hiervan gebruik en veral vir hulle is dit al deel van die hengelgereedskap. Meestal gebruik hulle groter hoeke en kan die rekgare redelik maklik verwyder word. Vanaf die boot word die sakie meer kompleks. Hier moet ek eers melding maak van die feit dat slegs die dikker weergawe van die rekgare vroeër beskikbaar was en die baie dunner “spookgare” intussen sy opwagting gemaak het en onmiddelik  gewild was, juis oor die fynheid daarvan.

En dis net hier waar my frustasie begin  --  met die spookgare en die relatief kleiner hoekies. Ek gee toe dat, veral die spookasem-weergawe baie handig te pas kom wanneer jy wil verseker dat jou aas aan die hoek bly.  Daar bly egter altyd ‘n flentertjie gare op die hoek agter en jy sit maar weer by. Iemand gaan sê nou hoekom gebruik jy nie ‘n skerp mes om die goed los te sny nie? Te veel al het ek my hoeke per ongeluk afgesny. In elk geval, teen huistoegaantyd hang daar iets aan die hoek wat herinner aan die ou tyd van “ducktails” of iets wat soos ‘n bossiekop lyk. Wanneer jy nou by die huis aankom en uiteindelik tyd kry om jou lyne voor te berei raak dit haas onmoontlik om hierdie klossies gedroogte spookasem van die hoeke te kry. Dan is die beste raad om maar met nuwe hoeke te vervang en die oues weg te gooi. Dis teen my beginsels! Dalk doen ek iets verkeerd.

‘n Man moet nou versigtig wees. Hierdie gewoonte om spookasem te gebruik raak ‘n sensitiewe saak  --  amper vergelykbaar met die oorlog wat ontstaan wanneer jy inmeng met buurman of jou beste vriend se metode van snoekbraai, of nog erger, die maak van potjiekos. En moet hom ook nie probeer oortuig watter hout vir watter braai gebruik moet word nie!!

Pas op vir die skelm geelbek.  Groete, Seemeeu

Frustrasie vir die hengelaar

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant