Rolbalnuus

Rolbalnuus

Gansbaai Courant

Franskraal Rolbalklub beleef tans ‘n bedrywige tyd met ‘n geslote driespel toernooi wat aangebied is, asook ‘n pretdag wat daarop gemik was om belangstelling in rolbal aan te wakker.  Dit het behels dat rolbalspelers saam met vriende aan ‘n rolbaltoernooi met ‘n verskil kon deelneem.  Spanne bestaande uit twee rolbalspelers en twee "onervare" vriende is saamgestel waar die ervare spelers nie in hulle spanposisies gespeel het nie.  Dit het gesorg vir ‘n prettige en genotvolle dag wat daarin geslaag het om belangstelling by etlike nuwelinge te kweek.

Op 20 Februarie 2016 is ‘n ope driespel toernooi aangebied waarin ses spanne van Bonnievale, vyf van Franskraal, twee van L’Agulhas en een van die borg, Thorburn Securities deelgeneem het.  Die borg, F C Smit was ook teenwoordig en verskyn saam met Pieter Conradie (President) op die meegaande foto. 

Die pryswenners was ‘n span van  Bonnievale bestaande uit Koos Wentzel, Josua Joubert en JD Wentzel in die eerste plek, gevolg deur L’Agulhas se Elsa van Tonder, Jantjies en Johna Giliomee in die tweede plek, met Franskraal se Piet du Toit, John Grönbeck en Theuns Roodman in die derde plek.

Die dag is afgerond met ‘n heerlike spitbraai ook aangebied en geborg deur Thorburn Securities.

Pieter Conradie

Rolbalnuus

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant