“Skim” Karavaankamp

“Skim” Karavaankamp

Gansbaai Courant

Vele karavaanklubs het al ‘n draai by Strandskloof Karavaanpark van Tot en Isabel Fourie gemaak, maar niemand het nog ‘n “skimkamp” gehou nie. 55 karavane van die Suid-Afrikaanse Woonwa-Assosiasie (SAWA), Goeie Hoop se Suid Wes-Kaapstreek, onder voorsitterskap van Pieter Henning, het Strandskloof gedurende die naweek besoek. “Een van ons kampe gedurende die jaar wat in Februariemaand plaasvind, is ‘n Skimkamp,” vertel Petrus Theron, een van die organiseerders. “Dit kom daarop neer dat nie een van die kampeerders weet waar die kamp gehou gaan word nie.” Elke lid wat gaan kamp ontvang twee leidrade en daarmee moet hulle sorg om by die karavaankamp, wat in hierdie geval Strandskloof was, uit te kom. Daar word wel ‘n “skim” aangestel, maar die arme “skim” weet self ook nie waar dit gaan wees nie. Hy word bloot aangestel om almal nog meer deurmekaar te maak.

Kyk mens waarna SAWA streef, kan dit net ‘n aangename groep karavaners wees: “Om Afrikaans-georiënteerde kampeerders die geleentheid te bied om binne ‘n Christelike konteks ‘n tuiste te bied waar hulle hul beginsels en kultuur kan uitleef. Om hulle die geleentheid te bied om saam met geesgenote so bekostigbaar as moontlik te kampeer.” Strandskloof Karavaanpark het verlede jaar Traveler en Sanlam se toekenning as Top Destination Awards ontvang en is daarna as algehele wenner (Goud) aangewys. Tot en Isabel se langverwagte droom word eerskomende naweek (5 Maart 2016) verwesentlik wanneer hulle saal op die kampterrein amptelik geopen word – gepaardgaande met groot feesvieringe en sangers wat daar gaan optree.

Vir navrae en/of besprekings kan Anje Badenhorst by 082-721-4381 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan die span by strandskloofpark@omail.co.za. Hul webtuiste is www.strandskloofpark.co.za.

Hardus Botha

“Skim” Karavaankamp

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant