Birkenhead se 164ste

Birkenhead se 164ste

Gansbaai Courant

Vanjaar was dit die 164ste Herdenkingsdiens by Danger Point van die HMS Birkenhead Troepeskip, wat weer deur Gansbaai Toerisme gereël is. ‘n Groepie dapper mense het die reën trotseer, waarvan die meeste sopnat gereën het, met ‘n paar wat onder sambrele kon skuil.

Ondanks die reënweer, is daar met die program voortgegaan, alhoewel dit vinniger afgehandel is. Brenda du Toit, voorsitter van Gansbaai Toerisme Komitee het die verwelkoming behartig. Rdl Dudley Coetzee het in die plek van Raadsdame Nicolette Botha-Guthrie, Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, ‘n agtergrondskets oor die sinking van die Troepeskip gegee. Die gedig, The Loss of the Birkenhead, is deur ‘n leerder van Academia in gietende reën voorgelees. Die gebruiklike Prayer of Intercession for Seafarers is deur dr Robert Johnson voorgehou, nadat hy ‘n kort boodskap gebring het.

Ongelukkig is die gereelde vooraf bootritte na die Birkenheadrots na die volgende dag as gevolg van gure weersomstandighede uitgestel. Wilfred Chivelle het vanjaar weer sy twee bote, Dream Catcher en Slashfin beskikbaar gestel, met groot waardering teenoor hom. 

Die tragedie van 25 Februarie 1852:

Gedurende Januarie 1852 het die HMS Birkenhead (Engelse Troepeskip) vanaf Portsmouth na Ierland vertrek en daarvandaan na Simonstad, Suid-Afrika in ‘n vaart van 50 dae. Die Kaapse Goewerneur, Sir Harry Smith was in ‘n grensoorlog gewikkel en het dringend op troepe-versterkings gewag. Om 06:00 die oggend van 25 Februarie 1852 vertrek die HMS Birkenhead vanuit Simonstad, met Seeman Thomas Coffin agter die stuur, Kaptein Robert Salmond as skeepskaptein en Kaptein Edward Wright en Lt.Kol Alexander Seton as bevelsoffisiere. Bykans 700 mans, vroue en kinders was aanboord, asook 9 perde (na oorlewering). Die nagtelike ure het aangebreek en dit was donkermaan met ‘n stikdonkerte wat die boot omhul het.

Teen ongeveer 2 uur die oggend van 26 Februarie 1852 tref die HMS Birkenhead die spits van die nou bekende Birkenhead-rots naby Danger Point. Die rots was destyds ongekarteerd en Kapt Salmond was dus onbewus daarvan. Binne sowat 20 angsvolle minute was alles verby en het die boot gesink. Die woorde van Kaptein Salmond se bevel tydens die tragedie is later in die geskiedenisboeke verewig: “Women and children first”! Sowat 350 soldate, 8 vlootoffisiere en 60 seemanne het verdrink. Slegs 193 het die ramp oorleef, ingesluit die 7 vroue en 13 kinders, waarvan 3 baba’s was wat gedurende die vaart gebore is.

Hardus Botha

Birkenhead se 164ste

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant