Laat jou lig skyn vir Jesus!

Laat jou lig skyn vir Jesus!

Gansbaai Courant

“Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat 5:16)

“Op 'n ander keer het Jesus vir die mense gesê: “Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat lewe gee.” (Joh 8:12)

Kan jy jou ’n wêreld voorstel waar daar geen lig is nie? Alles is donker en jy moet rondvoel as jy iets soek en jy kan niks herken nie. Jy kan nie die see of die wolke sien nie, want alles is donker om jou. Ek het al baie gewonder hoe swaar dit moet wees om heeltemal blind te wees. Dit is dan ook geen wonder dat die eerste ding wat God geskape het, lig was nie. Maar lees baie mooi wat in Genesis 1:3 staan: “Toe het GOD gesê: “Laat daar lig wees!” En daar was lig.” – waar het hierdie lig vandaan gekom? Beslis nie van die son en die maan en die sterre wat ons aarde elke dag verlig nie, want GOD het hulle eers op die vierde dag geskep! Nee, die eerste lig was uit GOD self. GOD is ons eerste lig – Jesus is die lig vir die wêreld! (Joh. 8:12)

Dit is baie interessant dat Jesus dan ook in die Bergpredikasie (Matteus 5-7) vir Sy dissipels, as een van Sy eerste opdragte, sê: “Julle is die lig vir die wêreld.”  Wat beteken dit vir jou en my, wat ook graag Jesus se dissipels wil wees? Hoe moet ons as ligte vir Jesus Skyn? Die eerste ding wat ons moet onthou is dat daar net een rede is hoekom ons moet skyn: “sodat ander wat jou goeie werke sien julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” (Mat. 5:16) Alles wat ons doen moet die Vader grootmaak en verheerlik!

As jy jou lig laat skyn:

Is jy getrou aan jou huweliksmaat!
Betoon jy elke dag aan jou ouers eerbied en respek!
Doen jy jou huiswerk en skoolwerk pligsgetrou!
Is jy die werkgewer wat jou werknemers met waardigheid vergoed!
Is jy die werknemer wat jou beste gee en nie kla oor alles nie!
Probeer jy nie om jouself te verryk ten koste van ander nie!
Is jy die buurman wat vriendelik optree!
Betaal jy jou rekenings getrou!
Bring jy jou volle deel in die samelewing en leef entoesiasties!
Praat jy nie een ding en doen ’n ander nie!

Kan mense al Jesus se lig in jou sien? Onthou dat jou kinders en mense om jou, jou dophou en meer reageer op wat jy doen as wat jy sê! Jy bring lig in baie mense se lewe deur die manier waarop jy elke dag lewe en GOD verheerlik!

Laat jou lig skyn vir Jesus!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant