Naderende BARC-Gholfdag

Naderende BARC-Gholfdag

Gansbaai Courant

Die groot dag vir BARC se Gholfdag op Saterdag, 26 Maart 2016 kruip nou nader. Die Bestuur sien met opgewondenheid uit na ‘n suksesvolle dag, mits die ondersteuning, spelers en borge net so opgewonde is.

Gansbaai se Birkenhead Animal Rescue Centre (BARC) is ‘n geregistreerde Dieresorg Trust (IT 3001/2009) en is bykans in geheel van fondsinsamelingsprojekte afhanklik. “Die ondersteuning van BARC se tweedehandse winkel help ons ook baie en ons is opreg dankbaar daarvoor, hetsy met verkope aan die gemeenskap, óf met die beskikbaarstelling van tweedehandse items,” sê Annalie Jonker van BARC. Dit is ‘n feit dat hulle nie net agteroor sit en vra vir geld nie. Annalie sit ‘n enorme hoeveelheid arbeid en organisering in om BARC aan die gang te hou en sorg ook vir gereelde fondsinsamelingsprojekte. Nou is dit hulle daadwerklike poging om ‘n sukses van die komende Gholfdag te maak.

“Ons vra nou reeds die gemeenskap en voornemende spelers en borge om ons te ondersteun,” sê sy. Hulle beplan ‘n ‘Better Ball’ of ‘n ‘Single Stableford’ gholfkompetisie, afhangende van donasies en pryse wat hulle gaan ontvang. “Voornemende borge word beleefd versoek (“implored”) om R1,000.00 per putjie te borg, asook vir geskenkbewyse en produkte wat as pryse benut kan word.” Sodanige borge kan dan by die relevante plekke adverteer. ‘n Deel van die winste gaan ook vir opleiding benut word, asook om vanjaar weer ‘n gesubsidieerde sterilisasie-dag aan te bied. Annalie sê BARC bedien sowat 6,500 huishoudings in ‘n area van ±1,000 vk km. Voornemende gholfdag-ondersteuners kan gerus met Annalie in verbinding tree, waar ‘n amptelike skrywe oor die gholfdag ook beskikbaar is.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

Naderende BARC-Gholfdag

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant