Gansbaai Courant

Blog: Brand sluit R43

Published: 01 April 2016
By:Francois de Jongh

Die R43 tussen Gansbaai en Stanford is verlede Donderdagmiddag net na 15:00 vir 'n paar uur vir verkeer gesluit. 'n Brand, wat in die omgewing van Die Kop informele woongebied gewoed het, het oor die R43 gespring en dit onmoontlik gemaak om die pad te gebruik. 'n Helikopter is ingespan om die brand onder beheer te kry maar intussen moes alle verkeer noodgedwonge die Salmanspad, Avoca grondpad gebruik.

Die verkeer was swaar, die pad tot poeier getrap en weens die sinkplaatpad was daar teen 'n slakkepas gery. 

Francois de Jongh

Recent Posts

Lojale SAPD-lid se s...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Polisiemanne is verslae na die skielike dood van &...

Meester-skrywers
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Gansbaai se twee getoë Strandvelders en ook k...

Vermiste op see stee...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

 ‘n Man, vermoedelik van Mosselbaai, wa...

Vyf droom... en een ...
Published: 18 August 2017
By: Gansbaai Courant

Vyf finaliste het oor ‘n splinternuwe motor ...