Suid-Afrika Dans vir Reën

Suid-Afrika Dans vir Reën

Gansbaai Courant

Daar was baie min tyd om die fees te reël en bemarking te doen maar met wat ek tot my beskikking gehad het is ek baie bly dat ons almal deel kon wees om 'n bydrae te maak aan ons boere in nood.  Die fees wat 'n reuse sukses, die personeel van Seaview wat die dag gewerk het, het bevestig dat dit soos 'n Desemberdag was en hulle het alles uitverkoop!  Ek is so tevrede met  die opkoms. Daar het mense van ver gekom om ons te ondersteun, en almal het 'n fees van 'n tyd gehad.  Baie pryse is weggegee en die mense wat nie daar was om hulle pryse te ontvang nie, is reeds gekontak, 'n hele paar van hulle woon in die Kaap en sien uit om terug te kom om hul pryse te gebruik. 

Baie dankie aan die borge vir hul fantastiese ondersteuning met pryse!! Wow, 'n groot shout out aan al ons besighede op die dorp, julle is amazing!

Ons borge was as volg: Johan Swart (Blikkies) - het ons skaap geborg, Superspar - Aartappelslaai en broodrolletjies, Lekkerbek – groenslaai, Gansbaai Courant – gratis bemarking,  Grootbos, Baai-Gones vir raffelkaartjies, Birkenhead Breweries asook Studio Jo-Signs vir posters.

Pryse deur die volgende: Scoops, Marie's Boutique, Boathouse, Tuscany's, Walker Bay Liquors, Saronas, Visions - Elsa het 'n prys plus my naels vir die dag geborg, Visions – Junita, Fish Lady, Oppidek, Shark Dive Unlimited, Fish Barrel, Lighthouse Tavern, Taphuis, Prime Cuts Meat, Gansbaai Car Wash, OK Foods, Dorpskombuis, Gansbaai Rats, Health and Active, Bay Cycles, Gansbaai Discount Liquors, Great White Shark Tours, WSP, Pieta's, White Shark Projects, Marine Guestlodge, Wine Way, Orange River Cellars, Whale Waters Lodge en De Uylensvlei Retreat.

Dankie aan almal wat bereid was om ook in te spring en my te help met die kos, 'n spesiale dankie aan Arthur Eilers en Christo Spanellis wat gesorg het dat die spit en boerewors lekker gebraai was. 

Al ons sangers, Karla-Christene, Leon, EJ, Deon, Vanessa Rabie, Tania Greeff, Natasha Heroldt, Ruan Mostert, en Renierre wil ek uit my hart bedank. Almal was puik en het 'n fantastiese opvoering gelewer. 

Leon en Jaco, 'n spesiale dankie vir ons uitstekende klank en beligting.

Ek is trots om te sê dat hierdie fees net lekker was van die begin tot die einde en dit is lekker om te weet dat ons al hierdie pret kon hê en saam met dit ook die boere in nood kan help.  My visie is nou om weer een te reël, maar op 'n groter skaal, hierdie een was 'n toetslopie en dit het gewerk.  Ek het vanoggend 'n oorbetaling van R8400 gemaak waarvan Seaview R1000 geskenk het na aftrekkings van hul uitgawes.  Ons is dankbaar vir elke sent wat ons ontvang het en ek wil ook graag vir die eienaars van Oppidek, Linda en Jan, baie dankie sê dat hulle toegelaat het dat ek in hul plekkie kon sit en raffle kaartjies verkoop. 

Magdel Spanellis

Suid-Afrika Dans vir Reën

Magdel Spanellis

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant