Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Gansbaai KK het Sondag na Stanford gereis vir hulle derde 20/20 Sondagliga wedstryd.
Stanford KK het eerste gekolf, en was vroeg in die moeilikheid op 36/3, maar goeie kolfwerk deur C Koopman 36 lopies (4x4)(2x6) en 'n onoorwonne vennootskap van 83 lopies tussen J Gerber 46 nun (1x4)(3x6) en M Hoffman 38 nun (7x4) het verseker dat Stanford KK 156/5 in 20 boulbeurte kon aanteken. Die beste boulwerk was van Theuns Otto (2-0-12-2) en Christo Swart (4-1-21-1).
Gansbaai KK het gaan kolf en danksy 'n eerste paaltjie vennootskap deur Christo Swart 35 lopies (7x4) en Drihan Kriel 51 lopies (6x4)(3x6) en Gurshwin Davids wat 32 lopies (3x4)(2x6) aangeteken het, 157/4 in 17,4 boulbeurte aangeteken om die wedstryd met 6 paaltjies te wen. Gansbaai KK bly onoorwonne na 3 wedstryde.
Gansbaai se volgende wedstryd is tuis teen Kleinmond KK op Sondag 20 Maart. Kom ondersteun die spelers asseblief. Sterkte.
Sportiewe Groete,
Heinrich Vermeulen
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...