Birkenheaders goed op dreef

Birkenheaders goed op dreef

Gansbaai Courant

 “Dit was ‘n mooi visvangdag en goeie vis is gevang, met onder andere heelwat Silwervis,” sê Jean Downing, Wedstrydsekretaris van die Birkenhead Boothengelklub. “Die top-bote trek al hoe nader aan mekaar en die verskil is nie meer so groot nie.” Dit was die 4de boothengelkompetisie vir 2016 op Saterdag, 5 Maart op pad na die jaareind-trofeë. Die pragtige getal van 6 bote het ingeskryf, waarvan al 6 ingeweeg het. Die totale aantal bemanning was 18, waarby 1 dame en 3 juniors ingesluit was.

7 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis ingeweeg was 170 met 'n totale massa van 129.7kg, wat ‘n gemiddeld van 7.21kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste vis, Piet le Roux (Rooi Roman - 2.2g); 2de swaarste vis, Jean Downing (Silwervis - 2.0kg); swaarste sak (10.65kg), Johan Burmeister; 2de swaarste sak (9.40kg), Jean Downing; swaarste bootgemiddeld (9.65kg), Nu-Nu van Johan Burmeister; 2de swaarste bootgemiddeld (7.97kg), Relêks 2 van Jean Downing; Junior swaarste sak (6.10kg), JP Uys.

Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë vir 2016 is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (28.51kg), Relêks 2 van Jean Downing (22.44kg); Oupa van Ben Uys (17.52kg); Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (30.05kg), Phillip Fourie (26.96kg), Jean Downing (26.80kg); Dame Visvangkampioen - Dixie Walsh (8.8kg); Junior Visvangkampioene - Hennie Groenewald (14.85kg), JP Uys (13.65kg) en Kara Engelke (4.65kg - nuwe juniorlid).

Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 2 April 2016 geskeduleer, met ‘n gesellige funksie die aand. Klubnavrae en funksie-besprekings kan aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634 gerig word, met kompetisie-navrae aan die Wedstrydsekretaris, Jean Downing by 076-840-3393.

Hardus Botha

Birkenheaders goed op dreef

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant