Meesterplan - in Sy handpalm

Meesterplan - in Sy handpalm

Gansbaai Courant

“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)

Het jy al op een of ander stadium nodig gehad om ’n baie belangrike boodskap of nommer neer te skryf? Jy het net ’n pen gehad maar nie ’n papier nie. Waar skryf jy dit dan neer? Op jou handpalm! Sodoende het jy die boodskap naby jou gehad en kon jy dit enige tyd sien en gebruik!

Ja,  ons almal het dit al gedoen, ten minste een maal. En GOD het ook!

Hierdie boodskap in jou handpalm is gewoonlik prioriteit – en jy moet dit gou gebruik – anders was dit af. Maar wat daarvan as jy op jou handpalm tatoeëer? Ingraveer? Dan bly dit vir altyd daar! Sigbaar!  Dis presies wat GOD met jou naam gedoen het!

Die volk Israel het teruggekeer uit Ballingskap van 70 jaar. Hulle land was verwoes en hulle stede afgebrand. Al die mure om Jerusalem was afgebreek. Wat doen hulle? Hulle kla dat GOD hulle vergeet het. (Jes. 49:14) Maar luister na GOD se antwoord. Dit bulder uit die hemel deur die mond van Sy profeet Jesaja: “Kan 'n vrou haar eie baba vergeet, haar nie ontferm oor die kind wat sy in die wêreld gebring het nie? Selfs al sou so iets kon gebeur, Ek sal jou nie vergeet nie.

Ek het jou naam in my handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor my.” (Jes. 49:15,16) 

Dit is vir my die wonderlikste nuus in die tye waarin ons leef. Dit maak nie saak hoe moeilik jou omstandighede mag wees, of hoe swaar jy kry nie. Onthou hierdie belofte van GOD: “Ek sal jou nie vergeet nie. Ek het jou naam in My handpalms gegraveer!” (Jes. 49:16)  GOD kan jou nie vergeet nie! Die kruisgebeure bevestig dit weer! Kan dit dalk wees dat Jesus aan die kruis, met die spykers wat deur Sy polse geslaan is, met die bloed wat oor Sy handpalms vloei – jou naam in bloed op Sy handpalms gegraveer -  die grootste daad van liefde bewys het? Elke keer as Hy Sy deurboorde hande aan jou wys – sal jy jou naam daarin kan lees! Hoe kan Hy jou ooit vergeet?

Dis wat ons ’n Meesterplan noem! Jou naam in GOD se handpalm. Onuitwisbaar. Onvergeetlik!

Halleluja!  “Jubel, hemel! Juig, aarde! Sing vrolik, berge! Die HERE het vir sy volk uitkoms gegee, Hy het Hom ontferm oor sy volk wat in nood was.”  (Jes. 49:13) 

“Ek het jou naam in My handpalms gegraveer, Ek sien jou mure altyd voor My.” (Jes. 49:16)

Meesterplan - in Sy handpalm

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant