Sandri gekies vir SAVOF A-span

Sandri gekies vir SAVOF A-span

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant het voorheen al berig dat Sandri Wessels van Perlemoenbaai lankal reeds bewys het dat sy haar “vrou kan staan” agter die varswater-visstokke vir die Suid-Kaap. “Onlangs het ek die Suidkaap vir die tweede jaar in die dames Suid-Afrikaanse Varswateroewerhengel Kampioenskappe verteenwoordig,” vertel Sandri. “Die kompetisie het te Sandveld by Bloemhofdam vanaf 8 tot 10 Februarie plaasgevind en daar was 3 verskillende afdelings.”

Sy sê die Premier A- en B-afdelings is groot spanne van provinsies verteenwoordig. Dan is daar ook die President A-afdeling waaraan sy en haar spanmaats deelgeneem het. In totaal was daar 7 spanne met 8 hengelaars per span, wat neerkom op 56 hengelaars in hulle afdeling. Na 3 warm dae en ‘n strawwe kompetisie, het Sandri se span daarin geslaag om met die silwer madalje weg te stap! “Dit was vir ons ‘klein’ Unie van die Suid-Kaap ‘n groot trots gewees en van die 56 algehele hengelaars het ek 11de geëindig,” sê sy. Na afloop van die SA's, word die tophengelaar van die 3 afdelings genooi om aan die Nasionale Proewe deel te neem. Sy sê vanjaar was daar 50 dames wat genooi was om proewe te hengel, wat weer oor 2 dae gestrek het. Uit daardie 50 hengelaars word die volgende spanne gekies: Protea span (5 hengelaars); SASSAC-span (5 hengelaars); SAVOF A-span (13 hengelaars); SAVOF B-span (13 hengelaars). SAVOF staan vir die Suid-Afrikaanse Varswater Oewerhengel Federasie en Sandri is gekies om SAVOF se A-span te verteenwoordig, wat ‘n pragtige prestasie is. Twee van haar ander spanmaats, Heida en Louise Botha is ook vir die A-span gekies, met ‘n ander spanmaat, Adele Conradie wat vir die B-span gekies is.

“Ek wil net graag van die geleentheid gebruik maak om my lewensmaat en persoonlike bestuurder, Dirk Lourens te bedank vir al sy liefde, ondersteuning en ure se harde werk om alles vir my moontlik te maak,” sê Sandri. “Sonder hom sou ek dit nooit kon doen nie.” Sy bedank ook vir Gansbaai Superspar vir hulle borgskap wat haar met finansiële onkostes gehelp het. “Laastens is ek groot dankbaarheid aan my Hemelse Vader verskuldig wat deurentyd ‘n wakende hand oor my en my spanmaats gehou het.”

Hardus Botha

Sandri gekies vir SAVOF A-span

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant