Spieël van die Woord

Spieël van die Woord

Gansbaai Courant

 “Een van die belangrikste take van menswees, is die vind van jou ID - Wie is ek?”, het ds Willie Kotze se inleidende paragraaf tydens verlede Sondag se Oggenddiens in die NG-gemeente gelui. “Vele spandeer ‘n leeftyd op soek na hulself, maar Calvyn meen selfkennis begin by Godskennis.”

Dit was terselfdertyd die jaarlikse Belydenisaflegging van Geloof deur suksesvolle katkisante en ds Kotze het sy boodskap aan die gemeente en die groep jongmense op 2 Kor 3 baseer. “Hierdie gedeelte sê vir ons die Bybel is soos ‘n spieël en wanneer  ons in die spieël van die Woord kyk, gebeur ‘n vreemde ding. In ‘n gewone spieël sien ons onsself, maar hoe langer en intenser ons in die spieël van die Woord kyk, hoe meer word ons verander na die beeld in die spieël - Jesus Christus.” Vanjaar se groep “nuwe” lidmate is (alfabaties): Alco Kotze (ds Willie Kotze se seun), Anthea Goedde, Bianca Schoonwinkel, Chanelle Dreyer, Daneen Vermeulen, Henlo Smit, Kobus Truter, Luan Fourie, Monet van Deventer en Mynard van Niekerk. Dit is die gebruik in die NG-gemeente dat die leraars ‘n Gr 8 groep neem en die pad met hulle deurstap tot aan die einde van hulle finale katkisasie-jaar, waarna hulle dan Belydenis van Geloof aflê. ‘n Ouderling, in hierdie groep se geval Hennie Prinsloo, hanteer die groep saam met die leraar. Hennie is dus bekend aan hierdie groep sedert hulle Gr 8-jare. Dr Bobo van Zyl was die verantwoordelike leraar, maar het gedurende 2015 op langverlof gegaan en daarna afgetree. Hennie het die groep op sy eie tot by die groot dag in hul lewens geneem.

“Dit is altyd ‘n voorreg om as ouderling ‘n pad saam met hierdie jongmense te stap,” sê Hennie. “Net so is dit ‘n voorreg om hulle nou aan die gemeente as nuwe lidmate voor te hou en te weet dat elkeen van hulle saam met Christus op die regte pad vir die toekoms geplaas is.”

Hardus Botha

Spieël van die Woord

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant