GBIV span seile vir 2016

GBIV span seile vir 2016

Gansbaai Courant

“Op 17 Februarie 2016 het die Gansbaai Belastingbetalers- en Inwonersvereniging (GBIV) hulle eerste komiteevergadering vir die jaar gehou,” vertel voorsitter Nico Naudé. “Die nuwe bestuur is reeds tydens die Algemene Jaarvergadering gedurende November 2015 verkies.”

Die Bestuur, wat slaggereed is vir 2016, is: Nico Naudé (voorsitter), Ivy van Huysteen (visie-voorsitter) en Lida Naudé (sekretaris/penningmeester), asook twee addisionele lede, Maretha Geldenhuys en Phillip Rozenkranz (afwesig met fotosessie). Nico sê daar is van verskeie sake kennis geneem tydens hulle vergadering, wat ook deur lede van die gemeenskap bygewoon is.

Van die sake sluit onder andere die volgende in: sluitingsdatum vir besware teen die eiendoms-waardasierol - 29 Februarie 2016; verpligte vertoon van straatnommers; konsepwysiging aan die verordeninge vir die aanhou van honde en katte; bespreking van die vordering van en Motlekar se gebrek aan stof- en waaisand beheer by die Foutainhill ontwikkeling; redes vir die vertraging van die Gansbaai Stormwaterprojek; OVK kiesersregistrasie is weer op 9 en 10 April 2016.

“Lede van Gansbaai gemeenskap word aangemoedig om teen ‘n skrale R30 per persoon per jaar by die GBIV aan te sluit en deel te word van die vrae en antwoorde wat ons gemeenskap kwel,” sê Nico. “Ons deel ook graag in dienslewering aan ons gemeenskap en die skep van ‘n veilige, gesonde en voorspoedige Gansbaai.”

Nico Naudé kan vir navrae by 082-903-5038 gekontak word, of stuur ‘n e-pos aan hom by lida.naude@gmail.com.

Hardus Botha

GBIV span seile vir 2016

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant