Nasionale Biblioteekweek

Nasionale Biblioteekweek

Gansbaai Courant

Die week van 21 tot 25 Maart is Nasionale Biblioteek week met die tema : #libraries4lifelonglearning

Ons moedig dus die breër gemeenskap van Gansbaai aan om aan te sluit by die biblioteek deur hul munisipale rekening en ID-boekie saam te bring. Gratis sakke, inkleurprente en boekmerke sal uitgedeel word in hierdie tydperk. Ons doen veral 'n beroep op ouers om hul kinders te kom aansluit aangesien die lidmaatskap van kinders oor die afgelope tydperk skerp gedaal het. Die biblioteek het aangepas by die modernisering van biblioteekdienste en beskik oor 4 rekenaars wat vir die publiek beskikbaar is met gratis internet.

67 BLANKETS FOR MADIBA OVERSTRAND LIBRARIES

Saam met hierdie belangrike week het Gansbaai Biblioteek besluit om deel te neem aan die 67 Blankets for Madiba Overstrand Libraries projek wat geloods is onder leiding van Belinda May van Hawston Biblioteek en Edna Van Der Linde van Gansbaai Biblioteek na hul bywoning by die IFLA konferensie wat in Augustus 2015 in Kaapstad gehou is. Hierdie projek word geondersteun deur die Burgermeester Raadslid Nicolette Guthrie Botha wat 'n ruim skenking van wol aan die onderskeie biblioteke gemaak het. Die biblioteek personeel daag dus die gemeenskap uit om betrokke te raak om te help brei of hekel. Ons beoog om ten minste 10 komberse te voltooi wat bestaan uit blokkies van 20cm by 20cm. Ons verwelkom ook enige addisionele skenkings van wol. Die publiek is ook welkom om 'n 'polar fleece' kombersies te skenk wat ook omgehekel kan word. Hierdie komberse sal dan op Mandela Dag in ons gemeenskap uitgedeel word. Ons is sommer baie opgewonde en weet dat die projek met die hulp van ons gemeenskap 'n groot sukses gaan wees. Graag wil ons ook dankie sê aan die lede wat reeds so baie blokkies geskenk het.

 Sharman Geldenhuys

Nasionale Biblioteekweek

Sharman Geldenhuys

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant