Skelm teer sy pad terug selle toe
‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Dit is ‘n jaarlikse instelling om werkers en uitstallers vir ‘n smaaklike ete na die Pretoriussaal te nooi na afloop van die Kersmark gedurende Desember die vorige jaar.
“Vanjaar was dit die 12de suksesvolle Kersmark en vanaf nommer 1 tot by nommer 12 het die omset meer as verdriedubbel,” sê Linda Cillers, organiseerder saam met haar eggenoot, Thys. “Wat vanjaar wonderlik was, is die pragtige bedrag van ±R51,000.00 se netto wins vir Herberg-aan-See as gevolg van hulle stalletjie en groenteverkope.”
Die genooides kon ontspanne by netjies-versierde tafels aansit, met ‘n smaaklike ete van braaivleis, sosaties, wors en slaaie, asook egte roomys agterna. Ds Dirk van Dyk het op gepaste wyse geopen en Linda het die verwelkoming en bedankings, te veel om op te noem, behartig. Daan Victor, Leierouderling, het die werkers namens die Kerkraad bedank. Linda het spesiaal na haar Bestuurspan verwys wat haar ondersteun het, naamlik Ilse Klopper, Maryke van Rensburg, Petro Trautman en Rita Pio. Daarna is daar gesellige saamgekuier en geëet, met al die swetende hardewerk agter die rug.
Hardus Botha
Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.
View ProfileXplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.
Read More‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...
Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.
‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...
Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...
39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.
Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...