Ralph by Supa Quick

Ralph by Supa Quick

Gansbaai Courant

Ralph Gibbs is reeds ‘n ou bekende by die Birkenhead Boothengelklub, waar hy sowat 4 jaar gelede as die klub se kroegman aangestel is. Daar het hy homself as ware staatmaker en ook ‘n betroubare persoon bewys. Ongeveer dieselfde tyd (4 jaar gelede), het hy bedags as Bestuurder van Chicken On Top in die Industriële gebied gewek. “Die na-ure werk as kroegman was en is steeds baie aangenaam, maar ek kan nie permanent stilsit nie en het ingestem om die hoenderplek te bestuur,” vertel Ralph. “Intussen is Chicken On Top verkoop en ek het nie twee keer gedink om Supa Quick se aanbod te aanvaar nie. Ralph is onlangs daar aangestel om met verskeie take behulpsaam te wees.  

Die staatmaker waartoe hy homself al bewys het, sal sekerlik tot voordeel van kliënte by Supa Quick wees. Ralph is met Hannalene getroud en die egpaar het 2 getroude seuns, waarvan een ‘n professionele rugbyspeler in Frankryk is. Hy is in die Kaap gebore, maar het in Johannesburg skoolgegaan. As jongman besluit hy op ‘n loopbaan in die Suid-Afrikaanse Vloot vanaf 1964 tot 1996, vir sowat 32 jaar. Daarna dien hy ‘n verdere 8 jaar in die Reserwemag, wat aan hom sowat 40 vlootjare se ervaring besorg, met vele spesiale toekennings en medaljes. Ná sy uitdienstreding fokus Ralph op sy eie eienaarsbesighede, onder andere ‘n video-winkel en voedselverspreiding en daarna, tot kort vóór sy verhuising na Gansbaai, het Ralph vir ‘n sakeman van Somerset-Wes in die omgewing van Riversdal geboer. Voorwaar ‘n veelsydige en verantwoordelike aanwins vir Gansbaai en nou vir Supa Quick.

Vir navrae kan Ralph Gibbs by 028-384-0018 gekakel word.

Hardus Botha

Ralph by Supa Quick

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant