Staatmaker Katrina

Staatmaker Katrina

Gansbaai Courant

 ‘n Ware staatmaker binne die geledere van die Toerisme Buro, Katrina Adams (45) van Blompark, het besluit om na sowat 3 jaar haar “toerisme-tuig” neer te lê.

Katrina is al die jare ‘n Gansbaaier en is al 20 jaar met Monty Adams getroud. Die egpaar het ‘n seun, Monty (20) en ‘n dogter, Faith (12). Sy het ook 2 pleegkinders, Izaan (15) en Neroeska (13) Newman. Katrina was al die jare ‘n huisvrou, totdat sy in 2007 besluit het om haar eie besigheid te begin - Skoonmaakdienste. Hierdie besighede word steeds suksesvol deur haar bedryf.

Sy het haar besigheid by Gansbaai Toerisme geregistreer en sodoende het Johan Pieterse, destydse voorsitter, van haar bewus geword en haar aangemoedig om op die Toerisme Komitee te dien. “Ek is dankbaar dat ek dit gedoen het en die 3 jaar wat ek op die komitee gedien het, was vir my ‘n groot voorreg,” sê Katrina. “Dieselfde jaar het ek met die eerste suksesvolle Tuinboukompetisie begin en daar was 7 inskrywings.” In 2014 het sy dit weer gereël en dié keer was daar 17 inskrywings, met die fokus op blomme- en groentetuine en selfs juniors wat ingeskryf het.

Met 2015 se kompetisie het Katrina 22 inskrywings gekry en dié keer was dit vir blomme, groente en bome. “Dit was ‘n goeie en suksesvolle tyd vir my en ek het elke oomblik en elke Tuinboukompetisie terdeë geniet,” sê sy. “Maar aan die einde van 2015 het ek besluit om klaar te maak om my volle aandag aan my besigheid en my stokperdjie oor vele jare heen, tuinmaak, te wy.”

Sy bedank graag vir Johan Pieterse en Glenda Kitley vir wonderlike samewerking, asook vir Grootbos Foundation vir hulle ondersteuning en vir tannie Magda Renier wat elke keer gesorg het vir konfyt vir die beoordeelaars.

“Katrina was nog altyd ‘n mens op wie ek kon staatmaak en haar toegewydheid waarmee sy haar take aangepak het, het my altyd beïndruk,” sê Glenda Kitley, Bestuurder: Gansbaai Toerisme. Katrina het die versekering gegee dat sy steeds vir raad en advies op die gebied van tuinbou beskikbaar sal wees en dat sy sal voortgaan om die gemeenskap aan te moedig om te sorg vir mooi tuine en ook vir komende kompetisies sal inskryf. Die meegaande foto’s is ten opsigte van Katrina se laaste Tuinboukompetisie wat sy aangebied het.

Hardus Botha

Staatmaker Katrina

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant