Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

Gansbaai Courant

“Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir dié wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van GOD.”

 (1 Kor. 1:18). 

“As jy met jou mond bely dat Jesus die Here is, en met jou hart glo dat God Hom uit die dood opgewek het, sal jy gered word.”  (Rom. 10:9) 

Ons beweeg weer eens nader aan die tyd van die jaar waarin ons die Kruisiging en Opstanding van ons HERE, Jesus Christus, herdenk word. Net soos Kersfees kom en gaan dit in baie mense se lewe asof dit net oor vakansie en ontspanning gaan. Tog moet ek en jy besef dat Paastyd vir ons voor die belangrikste besluit van ons lewe bring. Kom ek verduidelik dit met ’n voorbeeld....

Op 15 April 1912 het die RMS Titanic in die yskoue water van die Noord Atlantiese see teen ’n ysberg gebots en gesink. Op daardie sogenaamde “onsinkbare” boot was baie verskillende mense” die baie rykes, suksesvolle sakemanne (en hulle “belangrike” vroue) saam met mense wat skaars ’n bestaan kon maak – maar op die Titanic moes hulle wees! Daar was geleerdes en mense met geen opvoeding nie – en vir die meeste sou dit hulle eerste en laaste bootvaart wees.

Meer as 1500 het verdrink en verkluim. Die wat dit gemaak het, was minder as 800. Ten spyte van alles wat die reisigers van mekaar onderskei het – geld, status, geleerdheid en belangrikheid, was daar op die strand net twee groepe name: GERED en VERLORE. Op die einde was dit al wat getel het.

Hier op GOD se planeet, Aarde, is daar ook nou ’n groot Titaniese Bootvaart – met baie verskillende mense op pad na die eindbestemming van die Dag van Oordeel. (Mat. 12:36; Rom. 2:5; Heb. 10:25; 1 Joh. 4:7) Jy mag dalk nie só dink nie  maar hierdie Titaniese boot waarop ons is, gaan sink!

Daardie dag wanneer die name van GOD se kinders op die poorte van die Hemel geskrywe word, gaan daar nie gevra word wat het jy verdien, waar het jy gebly, of watter kerk jy besoek het nie – NEE! Die enigste maatstaf gaan wees of jy Jesus met jou mond bely het en met jou hart glo dat Hy jou gered het. (Rom 10:9) Daar gaan net twee groepe wees: GERED en VERLORE. Op watter lys gaan jou naam verskyn, my vriend?

Jy staan voor ’n Titaniese Besluit. GOD wil nie hê dat enige iemand verlore gaan nie. (2 Pet. 3:9)

Hy wil hê dat jy jou moet bekeer. Hy het ALLES gedoen om jou te red – Hy het Sy eie Seun laat sterf vir jou sondes. Het jy jou hart heeltemal aan Hom gegee? Doen dit nou my vriend, die ysberg kom vinnig nader! Op die wal staan die HERE Jesus, want Hy wil jou naam opskryf! 

Die Kruis - ’n Titaniese Besluit!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant