Deel dit asseblief met my

Deel dit asseblief met my

Gansbaai Courant

Ek het die aand voorsien dit gaan ‘n besonderse sons-ondergang wees. Ek het skryfgoed gereed gehou en in die sitkamer gemaklik gaan sit en die see ‘n rukkie dopgehou voor die toneel voor my afgespeel het.

Die leser moet asseblief baie, baie rustig verkeer en nie verder lees voordat hy nie self gemaklik ingerig is nie. Neem dan ‘n drankie en neem net een slukkie daarvan. Lees nou baie stadig, woord vir woord en terwyl die toneel voor jou afspeel, skilder die prentjie in jou gedagtes. Waardeer die see, die sonsondergang en die voorreg om dit alles te kan belewe. Die bewoording is presies soos ek dit daardie tyd weergegee het 

--  ek moet dit eenvoudig probeer deel.

Die see is een groot wonder. Jy sit rustig in jou gemaklike stoel en bewonder die toneel wat jy deur die glas van die skuifdeur waarneem. Wanneer die son besig is om agter die horison weg te sak en die wolke daardie asemrowende mooi oranje kleur vertoon, dwaal jou oë outomaties na die berge. Hulle word omvou deur ‘n amperse mistigheid. Die see strek eindeloos voor jou uit. Dit lyk asof die son gaan sak het tussen die twee berge, maar die gloed bereik steeds die res van die bergreeks. Die vlieswolkies wat plek-plek agter die berge wegkruip vertoon helder oranje aan die sonkant, wit bo en aan die ander kant, ‘n donkerder kleur. Daar is ‘n helder strook blou lug sigbaar tussen die oorhangende wolke en die berg, en jy wonder hoe ver die heelal strek. Die see self is rustig en roer net-net. ‘n Swerm seevoëls vlieg, blykbaar eindeloos, laag oor die water. Die ligte windjie wat die plante daarbuite roer, voel jy nie. Die dankbaarheid omvou jou.

Dankie aan Hom en dankie vir die meelewe.

Terug na die werklikheid: Daar word nog baie makriel gevang in water wat baie lyk na rooigety (en dit lyk al erger!). Die res van die vangste is bra wisselvallig maar geelbek word sporadies by die Eiland aangekeer. Baie groete, Seemeeu

Deel dit asseblief met my

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant