Rolbalnuus (10 March 2016)

Rolbalnuus (10 March 2016)

Gansbaai Courant

Op Saterdag 12 Maart 2016 het 14 spanne van drie spelers elk by Franskraal Rolbalklub aangemeld om aan ʼn geslote driespel toernooi deel te neem.  Warwick Wealth was die borg van die toernooi op voorwaarde dat die totale borgskap aangewend word tot die voordeel van die lede.  Dit het beteken dat die koste koffie/tee en beskuit voor spel, toebroodjies tydens teetyd en ʼn goeie middagete gratis aan die lede voorgesit kon word.  Die etes is deur Gansbaai Superspar teen ʼn baie billike prys voorsien en afgelewer.

Om sake interessanter te maak is daar volgens die 4-3-2-1- manier van telling hou, gespeel wat verbasend goeie resultate opgelewer het.  Dit beteken dat die bal wat naaste aan die witte lê. 4 punte tel en so voorts, met die vierde bal wat 1 punt tel.

Na die ietwat gure weer van die vorige twee dae was Saterdag ʼn perfekte dag vir rolbal speel.  Nogmaals dankie aan Warwick Wealth, Gansbaai Superspar en lede van die klub wat die dag moontlik en ʼn groot sukses gemaak het.

Die wenners was Gideon Pienaar, Brian Yarwood (van die borge) en Johan Fick in die eerste plek, gevolg deur Marius de Wit, Fred Rossouw en Roelof tweede en Mike Puttick, Victor Breach en Janetta van Niekerk derde.

Pieter Conradie, President

Rolbalnuus (10 March 2016)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant