VLV Overbergse Konferensie

VLV  Overbergse Konferensie

Gansbaai Courant

Beplanning wat ruim ‘n jaar gelede begin het, het op Woensdag, 16 Maart vir die VLV-tak van Kleinmond ‘n klimaks bereik toe die 83ste Overbergse sirkelkonferensie in die stadsaal aangebied is. Die hoofbestuurslede, afgevaardigdes en waarnemers van al agt takke, nl. Bredasdorp, Caledon, Gansbaai, Grabouw, Hermanus, Jongensklip en Villiersdorp is reeds vroegoggend hartlik verwelkom deur die lede van Kleinmondtak. Toebroodjies en tee/koffie het reggestaan sodat konferensiegangers wat douvoordag in die pad moes val, dit kon geniet.

Fynbos uit die Kleinmondomgewing is kunstig in die versiering van die saal gebruik waar die pragtige kompetisie-handwerk van die VLV-vroue uitgestal is. Die gasspreker was Porchia Adams, Bemarkingsbestuurder van Agri-Expo, wat die konferensiegangers geboei het met haar siening van die VLV-tema vir 2016, nl. Droom, Glo, Leef. Me Adams het traumatiese situasies uit haar eie lewe gebruik om aan die gehoor te demonstreer hoe mens in sulke gevalle jou drome verloor. “Rondom jou gaan ander mense se lewens normaal voort, maar jy moet ‘n nuwe normaliteit kry, nuwe drome kry om te droom, ‘n nuwe geloof vestig om te lewe. Moenie ophou droom nie, moenie ophou glo nie, moenie ophou leef nie”, het me Adams die gehoor aangemoedig.

Raadslid Lizel Krige het in die afwesigheid van die burgemeester, die groete van die Overstrand Munisipaliteit oorgedra, en die VLV-lede aangemoedig om betrokke te raak by jeugprojekte in hulle omgewing waardeur daar aan uitsiglose jongmense drome en hoop gegee kan word, want hoop is lewe. 

Die drie sangnommers gelewer deur die VLV-sanggroep van Kleinmond, onder die bekwame leiding van Cecile Coetzee, het groot byval gevind by die gehoor. Ook die baie interessante inligtingsessie, toegelig met beeldmateriaal en brosjures oor die bewaring van pikkewyne op Dyereiland by Gansbaai, het die gehoor geboei. Cari du Preez en Pinkey Ngewe het vertel van die totstandkoming van die African Penguin & Seabird Sanctuary (APSS) in Gansbaai waar die bedreigde Afrika-pikkewyn spesifiek, en ander seevoëls wat beseer, siek of met olie besmeer is, gerehabiliteer kan word. Hulle het die lede genooi om te kom kyk hoe word daar te werk gegaan in die wêreldklas geriewe van die sentrum, wat in 2006 opgerig is deur die Dyer Island Conservation Trust, om die seevoëls te versorg, navorsing te doen en vir groepe bewusmakingsprogramme aan te bied.

Hulle het ‘n suksessyfer van 87% Afrika-pikkewyne wat verlede jaar vrygelaat is nà rehabilitasie.

Die hoogtepunt van die dag was beslis die oorhandiging van die tofeë waar talentvolle lede beloon is vir deelname aan die soms uitdagende kompetisies waarmee hul vaardighede jaarliks opgeskerp en getoets word. Kleinmond-VLV het baie goed presteer met voorsitter Ninnie du Toit wat daar die voorbeeld stel as gedugte kompeteerder. Die tak het verskeie trofees ontvang, o.a. vir die indiwiduele lid wat die meeste punte behaal het (Ninnie du Toit). Die Presidents Trofee is aan Villiersdorp oorhanding.

Gansbaai tak het besonders goed gevaar in  die bak, gebottel, mikrogolf en lekkers kompetisies met eerste, tweede en derde pryse. Die Sarie Human Trofee is aan hulle oorhandig. Dit is met groot trots dat  ons eie Miempie du Plessis die trofee ontvang het vir die mees uitstaande artikel in kookkuns vir haar koeksusters. Ronel de Villiers se blommekrans het ook eerste prys verower. Baie geluk julle twee, Gansbaai VLV se naam is hoog gehou.  

Wat gebeur as 'n mens  per ongeluk vergeet om haar motor se ligte af te skakel (en wie het dit nog nie oorgekom nie?), die battery loop af.  Maar ons is raakvat vroue en maak dadelik 'n plan.   Hermien van Zyl sien in elke gebeurtenis 'n storie en sy is dadelik gereed met haar kamera om die petalje op beeld vas te vang.  Met Sirkel President Rienie Lüdick agter die stuur van Annatjie Liebenberg se motor, Ronel de Villiers, Cecile Jonkheid en die eienaar van die motor se hulp word blou karretjie in 'n kits weer rybaar gemaak!  Heerlike pret so aan die einde van 'n wonderlike suksesvolle konferensie!! VLV toegewydheid tot die einde.

VLV  Overbergse Konferensie

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant