Eeu + 1 vir Tannie Mick

Eeu + 1 vir Tannie Mick

Gansbaai Courant

Ná 101 lewensmylpale voer Tannie Mick (Anna) Viviers van Franskraal steeds ‘n normale lewe asof sy 80 jaar jonk is - terwyl sy selfs soos ‘n 80-jarige lyk. “Sy besoek Gansbaai Superspar steeds op ‘n weeklikse basis saam met my vir inkopies, die hare word nog gedoen en gekleur, asook naelversorging,” vertel haar skoondogter, Lulu Viviers. Tannie Mick se verjaardag is verlede naweek in Franskraal gevier, met familielede en vriende van heinde en verre. “Sy het meer as 30 telefoonoproepe ontvang van gelukwense,” sê Lulu.

Tannie Mick is op 17 Maart 1915 in Potchefstroom gebore - 101 jaar gelede. Daar is maar die “normale” dingetjies wat met enige hoë ouderdom gepaardgaan, maar sy is dankbaar vir die groot mate van gesondheid waaroor sy steeds beskik. Selfs haar voorkoms en optrede kan nie met haar 101 jaar geïdentifiseer word nie. Haar nooiensvan is Mitchell, vandaar die noemnaam ‘Mick’. Sy en haar oorlede man is op 13 Desember 1941 in die huwelik bevestig, maar hy het haar reeds in 1991 ontval.  

Die egpaar het een seun, Jan Viviers, getroud met Lulu wat in Franskraal woon, asook ‘n dogter, Anita, getroud met André Louw van Somerset-Wes. Tannie Mick spog met 3 kleinkinders en 7 agterkleinkinders. Sedert 1993 het sy in Somerset-Wes gewoon, maar verhuis in 2014 saam met Jan en Lulu na Franskraal. Sy het ‘n administratiewe beroepslewe beoefen, maar sy is steeds baie lief vir handwerk, naaldwerk en kosmaak. Geraamde tapiserie-werke, wat sy haarself steeds mee besig hou, dien as bewys van haar kunstigheid.

Foto: Monica Hayes

Hardus Botha

Eeu + 1 vir Tannie Mick

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant