Jack Russell en Fisantkuiken

Jack Russell en Fisantkuiken

Gansbaai Courant

Elize van Deventer van Buitesteen Pub & Grill se Jack Russell teef, Daizy, het besluit die kuiken van ‘n Kaapse Fisant is in haar geval nie vir ‘n ete bedoel nie, maar om te beskerm en groot te maak. “’n Vriendin van my het die afgedwaalde fisantkuiken vir my gebring,” vertel Elize. “Tot my grootste verbasing het my Jack Russell hondjie die kuiken summier aangeneem en dadelik ‘n beskermde houding teenoor die kuiken ingeneem.”

Die kuiken het beslis ook nie op hom of haar laat wag nie en snoesig teen haar nuwe “ma” vasgedruk en elke oomblik se aandag terdeë geniet. Maar kuiken-se-kind groei en Elize woon in ‘n woonstel en derhalwe het die groot afskeid mettertyd aangebreek en moes sy die fisant laat gaan. “Toe ek onlangs by dr Lisel Trolloppe, ons veearts se spreekkamer was, was daar diere- en voëlplakkate opgeplak waar Daizy staan en tjank het toe sy dit sien,” vertel Elize. Nog ‘n werknemer van Buitesteen Pub & Grill, Stella Olivier van De Kelders, vertel van ‘n posduif wat onverwags by haar woning opgedaag het. “Ek het aanvaar dit is ‘n posduif, aangesien die duif met ‘n rooi bandjie met ‘n ZA-nommer gering was,” vertel Stella. “Ek het my bes probeer, maar kon nie die nommer lees nie en die duif het weer gevlieg en ek het net gewonder of dit veilig by sy eienaar se huis aangekom het.” Corinne Swart van Gansbaai Posduifklub het op navraag gesê die duif kan dalk aan ‘n nuwe lid vanaf Bloemfontein behoort en is moontlik op pad terug daarheen.”

Gereelde uitsonderlike diere-verhale doen soms die rondte en lesers kan gerus sodanige verhale, ingesluit foto’s waar van toepassing, aan hardus@maxitec.co.za stuur om dit met ander lesers te deel, of skakel 082-786-0494.   

Hardus Botha

Jack Russell en Fisantkuiken

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant