Vingerwysing

Vingerwysing

Gansbaai Courant

As kinders is ons geleer om nooit ‘n vinger na iemand te wys nie; dit is net so erg as om ‘n vuurwapen se loop op iemand te rig.  So ‘n eenvoudige lerinkie, maar met ‘n waarheid groter as wat ‘n mens regtig besef.  Dink daaroor:  wanneer wys ‘n mens mens met jou wysvinger na ‘n persoon toe?  As jy vir ‘n vrou wil komplimenteer met die kleur van haar lipstiffie? As jy vir ‘n man wil oordra dat sy wenkbroue onnet lyk as dit so lank en wild groei en dat dit heeltemal oukei is om dit gereeld te trim?  Nee, beslis nie. Sulke persoonlike aanmerkings of  komplimente het nie vingers nodig nie; net oogkontak.  Of wys jy in die openbaar ‘n vinger na iemand anders terwyl jy en jou pel besig is om oor daardie  persoon te skinder?  “Waar sien jy hom dan nou?” En jy wys: “Da-a-a-r, man!”  Baie lelik, want omstanders kan jou  raaksien en ook in dieselfde rigting kyk. Hoe moet daardie een tog voel as sy intuïsie hom na jul kant toe lei en almal staan na hom en staar?  

Of, maak dit nie eintlik saak nie? Jare gelede was dit ‘n instelling dat ons klomp vroue ‘n bus bestel het om maandeliks Kaap toe te gaan, soms vir ‘n opvoering, soms vir inkopies, soms met ons kinders, ag, sommer net om ook ‘n slag oor die berg te kon gaan. Op die hoek van Adderley- en Strandstrate, terwyl die groep probeer het om konsensus te bereik oor waar om mekaar weer te kry, het ek woordeloos opgekyk en met my wysvinger hemelwaarts gewys. Uit pure frustrasie omdat hulle nie tot ‘n punt kon kom nie. Daar was nognie selfone nie.  Binne ‘n oogwink het nie net  my maters boontoe gekyk nie, maar het die Saterdagsypaadjies tot stilstand gekom; almal wou sien wat ek – volgens hulle persepsie – gesien het. Dit was verrassend snaaks, want ek het nie gedink dat dit ander mense ook sou tref nie. Terselfdertyd het ek besef hoe ‘n magtige invloed vingerwysing kan hê. Wanneer twee manne mekaar ernstig konfronteer, val die eerste vuishou gewoonlik nadat  ‘n wysvinger net daardie één keer te veel binne die ander se persoonlike spasie gaan draai het. Dit is nie soseer die woorde wat die lyflike bevlieging veroorsaak nie, maar die aanvallende lyftaal van ‘n wysvinger. Ons sit werklik met ons sterkste aanvalwapens aan die verste punte van ons bolywe! ‘n Mens moet egter  nooit uit die oog verloor dat elke Noord ‘n Suid en elke Oos ‘n Wes het nie. Daardie oomblik wanneer mens jou wysvinger rigied maak, sluit die res van jou hand outomaties en in die proses wys drie vingers terug na jou kant toe. Net 20% van jou hand wys direk na jou objek terwyl 60% na jou toe terugwys. Die ander 20%, jou duim, wys in die rigting van die goue middeweg. Om iemand die wysvinger te steek, is dus glad nie ‘n goeie idee nie. Dit is uitlokkend, beskuldigend, aanvallend en gaan gewoonlik gepaard met verkleinerende en kwetsende woorde. 

Voor ‘n mens jou hand oplig, moet jy liewer wegstap en die drie vingers wat na jou toe terugwys, gaan bedink. Wat was my aandeel aan die frustrasie wat binne my woed? En dink maar goed, want daar is altyd iets. Daarna oorweeg jy die pad wat die duim vir jou aanwys, die vreedsame oplossing. Dit is ook daar, solank as wat mense bereid is om vrede na te streef. Probleme en konfrontasies is onvermydelik. Dit kom voor op alle vlakke van die samelewing: in verhoudings, in gesinsverband, tussen families, tussen sakekennisse, nie-gelowige, ongelowiges en gelowiges. Gooi maar die wysvinger “pose” maar rig dit soos ‘n veilige vuurwapen afwaarts, haal diep asem en oorweeg al die vingerwysings voordat jy optree. Ai, Mammatjie, wat sou jy tog gesê het oor die aaklige middelvingerwysery van vandag!! In die gees van Paasfees, laat ons nie van ons wysvingers swaarde maak nie, maar eerder ons hande gebruik om ander met duur reukolie te salf en hulle voete te was. Mag ons met handpalms na bo reikhalsend en smekend wag om tydens Pinksterfees  die Groot Geskenk te ontvang. 

Carine Badenhorst

Vingerwysing

Carine Badenhorst

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant