Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

Gansbaai Courant

In Januarie 2006 het Petrus du Preez besluit – nadat hy by Sanlam uitgetree het en ‘n ruk Walkerbaai Makelaars  saam met sy vrou, Jean bedryf het, om dié besigheid aan Boland Makelaars te verkoop.

Hy  het toe ‘n tak vir Pam Golding Eiendomme in Gansbaai ge-open en later op sy eie saam met ‘n vennoot Walker Baai Eiendomme begin.  Sy aandeel in die besigheid het  hy later aan Aida Eiendomme verkoop. Nadat Petrus as agent by dié firma  gewerk het, is hy deur ‘n prokureursfirma genader om vir hulle ‘n eiendomstak in Gansbaai te begin.

Die onderneming wou net nie so goed soos hy graag sou  wou presteer nie en het Petrus besluit om op sy eie met Petrus Eiendomme in die die Pearly Beach area, waar hy al die tyd woon, toe te spits.

Met die onderneming se 10de verjaarsdag kan teruggekyk word na ‘n periode waartydens die jong agentskap 119 eiendomme met ‘n totale waarde van ± R80 miljoen in Pearly Beach verkoop  het.  Danie van Wyk, ‘n praktiserende prokureur het by die suksesvolle agentskap aangesluit as regsadviseur en sy vroutjie Karien sal verhuring vir die agentskap hanteer, sowel as help met bemarking. Daar is ook geskiedenis in die gebied gemaak deur die eerste voorheen benadeelde, Cecil Martins, wat die afgelope 38 jaar in Pearly Beach woon,  by die eiendomsraad te registreer as skouhuis  organiseerder en leerling agent.  

Hiermee nooi ons alle bestaande en lojale kliënte  en voornemende kliënte uit om ons gerus te skakel om van ons dienste gebruik te maak. Sonder julle ondersteuning sou die besigheid nie so suksesvol kon wees nie.

Ons sien uit  na nog baie jare se suksesvolle besigheid en  nooi almal uit om met ons te skakel vir enige navrae wat betref u behoeftes betreffende u eiendom wat waardasies, verkope, koop  en verhuring van u eiendom betref.

Petrus Eiendomme Vier 10de Verjaarsdag

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant