Butter Créme geopen

Butter Créme geopen

Gansbaai Courant

Butter Créme Bakery  se  amptelike  opening  op  Saterdag,  26 Maart 2016 is die verwesentliking van ‘n langverwagte droom vir Tess du Toit van ‘n eie besigheid. Tess het ‘n tyd gelede saam met haar verloofde, Jacques van Heerden van die Kaap af na Gansbaai verhuis met die doel om die besigheid in vennootskap met haar vriendin, Magda Niemand van Danger Point van die grond af te kry. Butter Créme Bakery is gesetel in die gebou te Kerkstraat 42, waar Marie Reid haar bekende Marie's Boutique, Art & Beauty Shop bedryf het. Marie het besluit dit is tyd om rustiger te raak en het ‘n ooreenkoms met die twee dames aangegaan om hulle besigheid in haar winkel te vestig.

Die boutique klere wat Marie daar verkoop het, is nie meer beskikbaar nie, maar wel die oorspronklike kunswerke en ‘n skoonheidsalon wat deur Phylis Makwamba, ‘n knap skoonheidskundige, bedryf word. Naas koeke, koekversierings en koekversieringskursususse wat later gaan bykom, asook ander gebak deur die twee dames, is Tess se spesialiteit ‘n verskeidenheid van brode (Duitse) wat onder andere insluit: “rye, gluten free and banting breads”. Veral gastehuise kan sekerlik nie verkeerd gaan met hierdie brode nie, waarvan sommige brode uniek is. Etlike mense sal vir Tess onthou as die aanbieder van ‘n Suikerkunskursus en later ‘n gevorderde Botterversiersuiker- en Koekversieringskursus in 2015 hier in Gansbaai.

Vir navrae rakende die twee goed gemotiveerde dames se Butter Créme Bakery kan 072-955-9006 of 083-398-9115 geskakel word, of stuur ‘n e-pos aan tjdutoit@gmail.com. Die netjies-ingerigte winkel kan ook te Kerkstraat 42 besoek word.

Hardus Botha

Butter Créme geopen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant