Academia Sportdag

Academia Sportdag

Gansbaai Courant

Academia het weer eens op 12 Maart geskiedenis gemaak met ‘n winterkode interhuis sportdag. Die drie huise het teen mekaar gekompeteer in netbal, hokkie, sokker en rugby. Die Maroon-span het skoonskip gemaak in die rugby, netbal en hokkie en die Goud-span het die sokker gewen. Die algehele wenner van die dag was die Maroon-span.

‘n Paar leerders wat aangewys was as seun en dogter van die wedstryd was Wyzelle Philander (O/14 rugby), Merchin Fick (O/15 rugby), Chrizano Puff (O/16 rugby), Delon Dreyer (O/19 rugby), Willene Dreyer (O/14 netbal), Casey Booysen (O/15 netbal), Bianca Kruger (O/16 netbal), Akholewe Ziykwana (O/19 netbal), Sibosiso Gelem (O/15 sokker), Tanita Apolisi (O/15 sokker), Asiphe Klaas (O/19 hokkie) en Eugene Jacobs (O/19 hokkie). Die dag het ook sommer gedien as proewe om die beste spanne te kies vir die seisoen wat voorlê. 

Die groot hoogtepunte van die dag was die wedstryde teen Eben Dönges wat al die pad van Kraaifontein gekom het. Die onder 19 meisies netbal het behoorlik gekook en die span het behoorlik oor hul oponente geloop met ‘n eindtelling van 23 – 0. Die dogter van die wedstryd was Akholiwe Ziykwana. Die onder 15 rugby span het hul wedstryd 17 – 12 gewen en die seun van die wedstryd was Adam Mitchell. Die groot kanonne, onder 19 rugbyspan, het hul wedstryd 32 – 7 gewen. Drië is gedruk deur Christiaan van Dyk, Roberto-Baso Lottering, Eacwinn Rossouw, Victor Abrahams, Nardie Groenewald en Alexander Goss. Die seun van die wedstryd was Dumisa Matlwa. 

Hierdie suksesvolle dag sal beslis volgende jaar weer op die kalender wees. Academia vat Eben Dönges weer aan met die groot byeenkoms in Kraaifontein die 23e April.

Liezel Mostert

Academia Sportdag

Liezel Mostert

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant