Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

Gansbaai Courant

“Terwyl hulle so gesels en gedagtes wissel, het Jesus self nader gekom en met hulle saamgeloop, maar hulle oë is verhinder om Hom te herken.”  (Luk 24:15,16)

Weet jy wat het ek die afgelope Sondag, Paassondag, die dag waarop die HERE uit die graf opgestaan het, gesien? Ja, ek het die mense gesien wat in die kerk was. Baie het gekom om saam met mede-christene fees te vier. Watter fees is dit nie om te weet dat Jesus die dood oorwin het nie! JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Ek het ook duidelik agtergekom dat daar honderde motors voor die winkels geparkeer was. Dit het gelyk asof dit die einde van die wêreld was soos die mense gekoop het. Maar wat ek die meeste agtergekom het, was hoeveel motors deur die dag op  pad terug was na hulle huise in die Kaap of waar ook al. Dit het soos die uittog uit Egipte gelyk. Vir baie was die Paasvakansie verby. Baie wou seker voor die groot verkeer op Maandag by die huis kom. Wag eers! Stop! Is die Feestyd regtig verby? Breek die ware Feestyd nie nou eers vir ons as Christene aan nie?

Lees eers die gedeelte in Lukas 24:13-36  oor wat gebeur het daardie Sondagmiddag nadat Jesus opgestaan het uit die graf met die twee manne wat op pad was van Jerusalem na Emmaus. Hulle was verward en het nie verstaan wat gebeur het nie. Hulle het net gehoor dat die graf oop was en dat engele aan mense verskyn het. Hulle het tog só gehoop dat Jesus die een sou wees wat Israel sou verlos (24:21). Selfs toe Jesus langs hulle stap het hulle Hom nie herken nie. Al verduidelik Jesus vir hulle wat eintlik in die Skrif staan, het hulle nog nie verstaan nie. Eers toe hulle saam met Hom eet en Jesus die brood breek – toe het hulle oë oopgegaan! Ons lees dat hulle dadelik na Jerusalem gegaan het – al was dit twaalf kilometer vêr in die nag! Dis tyd vir feesvier! JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Die Paasvakansie mag verby wees vir baie mense. Die  lewe gaan normaal voort. Maar vir jou en my as Christene is dit nou die ware Feestyd! Die opgestane Jesus stap elke dag, elke oomblik saam met ons. Hy gesels deur die Heilige Gees en die Woord met ons oor al GOD se wonderdade. Hy wil ook saam met ons gemeenskap hou – die brood vir ons breek sodat ons harte brandend kan word oor Sy liefde. (Luk. 24:32) Soos Maria Magdalena wil ons by Sy voete neerval en Hom ons Leermeester noem (Joh. 20:16). Soos Sy dissipels kry ons ook die opdrag om uit te gaan en vir almal te vertel van Jesus se opstanding en verlossing. (Mat. 28:19,20). Die gevaar van te-besig-wees met wêreldse dinge is dat ons die ware vrede en vreugde van Jesus se Opstanding vergeet. Dink asseblief meer en meer oor wat Jesus regtig vir jou gedoen het – want: JESUS HET WAARLIK OPGESTAAN!

Stop! Die Feestyd is nie verby nie!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant