Afrikaans-Vriendelik-Projek

Afrikaans-Vriendelik-Projek

Gansbaai Courant

AfriForum het op 10 Maart ‘n nuwe projek, Afrikaans-Vriendelik, van stapel gestuur wat Afrikaans in die sakewêreld bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee. Die projek behels die voortdurende uitbou van ‘n databasis van ondernemings wat in Afrikaans diens lewer. Deur ‘n webwerf kan enige lid van die publiek toegang tot die databasis verkry wanneer hulle na Afrikaanse dienste of produkte op soek is, of ondernemings wat Afrikaans bevorder, vir insluiting wil nomineer. Die webwerf gradeer die besighede op grond van al die wyses waarop hulle Afrikaans gebruik en uitbou.

Waldimar Pelser, redakteur van Rapport en aanbieder van die nuus-aktualiteitsprogram Insig op KykNet, Dawie Roodt, direkteur en hoofekonoom van die Efficient Groep en aanbieder van Ontbytsake, asook Henk Schalekamp, voorsitter en direkteur van verskeie maatskappye in die Solidariteit Beweging, sal as sprekers by die geleentheid optree.

“Sowat 30% van die Suid-Afrikaanse sakewêreld is Afrikaans. Ons wil vir daardie 30% ‘n platform skep waar hulle gemaklik kan kommunikeer met hulle kliënte in die taal wat hul almal die beste verstaan en waarin hulle hulself die duidelikste kan uitdruk. Besighede in ‘n gemeenskap se moedertaal skep werksgeleenthede, stimuleer ‘n leerkultuur en bemagtig die moedertaalsprekers,” het Sanderien van der Walt, koördineerder van AfriForum se Afrikaans-Vriendelik-Projek, gesê.

Afrikaans-Vriendelik is nie net vir 100% Afrikaanse ondernemings nie, maar vir almal wat hulle dienste of produkte in Afrikaans aanbied. Dié platform is nie net tot voordeel van verbruikers en ondernemings regoor Suid-Afrika nie, maar tot voordeel van Afrikaans.

Navrae kan gerig word aan Sanderien van der Walt by 082-491-5277, of stuur ‘n e-pos aan haar by sanderien@afriforum.co.za.

Sanderien van der Walt, Koördineerder: Afrikaans-Vriendelik

Afrikaans-Vriendelik-Projek

Sanderien van der Walt

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant