BARC baat by KLEINGELD

BARC baat by KLEINGELD

Gansbaai Courant

Behalwe vir kleingeld in BARC se skudblikkies, het Sakkie van der Merwe, eienaar van Kleinbaai Superette & Drankwinkel, bewys dat vriendelike kliënte se kleingeld oor ‘n tydjie vir “groter” geld kan sorg.

Nadat BARC-blikkies in die winkel aanleiding tot diefstal gegee het, het Sakkie sy kliënte ingelig dat hy ‘n banksak het vir diegene wat hulle kleingeld aan BARC wil skenk. “My pa se kliënte was positief oor die gedagte en die geld het soveel begin word dat ons ‘n behoorlike houer aangeskaf het,” vertel Sakkie se dogter, Angelique. “Aangesien my pa ‘n groot kliënt van Makro is, het hy besluit om die opgehoopte geld vir dierekos-aankope te gebruik eerder as om kontant aan BARC te oorhandig.” Die bul is by die horings gepak en op Woensdag, 30 Maart 2016 het Angelique ‘n mooi hoeveelheid blikkies-kos aan Nols Jonas, BARC se Veldwagter oorhandig - alles aangekoop met getroue kliënte se kleingeld.

‘n Tyd gelede het Sakkie sy idee met kleingeld aan Gansbaai Courant verduidelik en bygevoeg dat hy ander besighede uitdaag om dieselfde te doen. “Kliënte het bewys hulle skenk hul kleingeld met liefde aan BARC, maar dit is goed om hulle in te lig wat met hul kleingeld gaan gebeur,” het Sakkie gesê.

Kleinbaai Superette & Drankwinkel se kliënte kan met hierdie berig en foto duidelik sien wat van hul kleingeld geword het. “Hoe groot of klein, ons het altyd groot waardering vir enige vorm van skenkings aan BARC,” het Nols tydens die oorhandiging van die blikkieskos gesê. Sakkie se kliënte kan nou rustig slaap oor hulle kleingeld - dit is vir ‘n broodnodige en goeie doel aangewend.

Dit is so dat BARC voortdurend van donasies en/of fondsinsamelings-projekte afhanklik is vir hulle voortbestaan en vir oorhoofse bedryskostes.

Vir navrae en/of skenkings/donasies, ook aan BARC se tweedehandse winkel, kan Annalie Jonker by 082-826-0631 geskakel word en vir diereprobleme en/of die aanneem van diere Nols Jonas (Veldwerker) by 083-742-3903.

Hardus Botha

BARC baat by KLEINGELD

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant