Pearly Beach Basaarpret

Pearly Beach Basaarpret

Gansbaai Courant

Die NG-gemeente te Pearly Beach se jaarlikse basaar het op Saterdag, 26 Maart 2016 plaasgevind. Ondanks die langnaweek het Petrus du Preez gesê dat dit ‘n reuse sukses was.

“Wat ‘n gedrang! Wat ‘n gees! Wat ‘n groot sukses!” was Petrus se eerste reaksie. Hulle jaarlikse basaar is ook vir die eerste keer in die Pearly Beach Hengelklub se saal gehou - en was hierdie enorme saal nie volgepak nie. Dr Lisel Joubert het die basaar om 09:00 met gebed geopen, waarna die stormloop begin het. “Sowat van ‘n positiewe gees moet aanskou word om waardeer te kan word en dit was die begin van ‘n basaar om te onthou,” sê ‘n dankbare Petrus namens die span wat baie hard gewerk het. Almal was vriendelik en het gesellig saamverkeer, met bekende Eddie Barnard se musiek wat verder tot die gesellige atmosfeer bygedra het.

Daar was ongetwyfeld te veel te drinke en te ete, met velerlei snuisterye en naaldwerk, plaasprodukte, pasteie, gebraaide hoender, potjieskos (4 soorte), worsbroodjies en pannekoeke by die dosyne. “Pastoor Frikkie Zeelie het die pannekoeke so een na die ander die lug in laat vlieg, met sy helpers wat ook nie agtergebly het nie,” sê Petrus. Die kafee met sy vele lekkernye het ook bygedra tot te veel lekkertes om op te noem.

Dan was daar ook ‘n paar gelukkige lootjie-wenners: Skaap - Edward de Kock, Franskraal; 3kg Boerewors - Corné Fourie, Durbanville; Hoenderbraaipak - Hanlie Groenewald, Bredasdorp.

“Die inkomste van die dag staan op die pragtige bedrag van R95,000, met nog donasies wat uitstaande is, wat ons stoute verwagting oortref het, veral as ons dalk met die uitstaande bedrae ‘n totaal van R100,000 of dalk meer kan bereik,” sê Petrus. Maar alle eer en dank aan ons Hemelse Vader waarsonder absoluut niks van hierdie enorme sukses sou kon realiseer het nie.”

Hardus Botha

Pearly Beach Basaarpret

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant