Kreefnette

Kreefnette

Gansbaai Courant

Dis nou iets wat jou baie plesier gee, maar dit het ook maar sy eie probleme. Omdat die goed al redelik duur geword het is dit al klaar rede genoeg om  in stand gehou te word. Op see is daar ander faktore om in gedagte te hou. Vir iemand wat nog nie goed gekonfyt is nie in die prosedure van kreefnette stel, trek en wat daarmee gepaard gaan, kan mens dalk op ander probleme wys.

Wat nooit gedoen moet word nie is om jou nette te stel en dan te verkas, om watter rede ookal, en maar altyd die goed in sig te hou. Nie dat iemand dit met opset sal uittrek nie, maar somtyds kan die gestelde nette nie opgespoor word nie, a.g.v. rowwe water of die toue te kort is en die nette word dan onderwater getrek en vir ‘n wyle onsigbaar. So, uiteindelik gee jy pad sonder hulle. Die ander rede waarom iemand anders se nette per ongeluk uitgetrek word is omrede die kurke of proppe nie baie verskillend is nie en dan foutiewelik  bygedam word. Maar dit kán wel gesteel word! Daar is mos sulke mense maar ek glo dis slegs die gesindheid van ‘n baie klein groepie manne. Daar is nie salf aan hulle te smeer nie en ook nie die moeite werd om oor te praat nie. Dis klaar al ‘n rede om nie van jou goed pad te gee nie.

Dis so dat indien ‘n skipper byv. die volgende dag op ‘n net afkom wat skynbaar wel daar gelaat is, daar seker geen rede is om dit nie uit te trek nie.

Beslis ‘n moeilike situasie, en wat kan daaraan gedoen word? ‘n Antwoord sal wees om die boot se naam op ‘n manier op die net of die proppe, aan te bring  --  maar dis nie baie prakties nie. Indien wel sal die persoon wat die nette vind en optrek wat in die see agtergelaat is wel die gereedskap terug kan besorg aan die oorspronklike eienaar, en glo ek dit bowendien met graagte doen. Jy kan argumenteer dat jy moet los wat nie joune is nie, maar dis in elk geval verlore  -  en verlate. Sommige persone merk hulle toerusting met ‘n nommer of, vir hulle, ‘n herkenbare teken, maar dit maak dit nog nie duidelik aan enigeen wie die eienaar is nie.

Dis tyd om ‘n werkbare oplossing vir hierdie probleem te vind, die sport is te genotvol om dit nie te doen nie.

Dis op die oomblik geelbekweer, maar hier na die naweek se kant was die water baie omgekrap wat see toe gaan nie ‘n goeie opsie gemaak het nie. So gou as moontlik moet mens maar kyk of jy een van die bevoorregtes kan wees. Met so bietjie geluk en baie wysheid braai ons een van die dae geelbek!!

Groete, Seemeeu

Kreefnette

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant