Steeds Onoorwonne

Steeds Onoorwonne

Gansbaai Courant

Gansbaai KK het Sondag tuis teen Stanford KK gespeel en die wedstryd met 190 lopies gewen. Gansbaai KK het daarmee hulle onoorwonne rekord in die 20/20 Sondagliga behou.

Gansbaai KK het eerste gekolf en Stanford KK se boulers laat swaar leef. Gansbaai KK het 227/3 in 20 boulbeurte aangeteken danksy 'n tweede paaltjie vennootskap van 137 lopies tussen Corrie Avenant en Melvin Tobias. Corrie Avenant het behoorlik onder die boulers ingeklim en 142 nun (4x4)(16x6) lopies gemoker. Melvin Tobias het 40 lopies (4x4) bygedra. 

Stanford KK het toe gaan kolf maar kon geen weerstand teen die goeie akkurate boulwerk van Gansbaai KK se boulers bied nie. Stanford was almal uit vir 37/10 lopies.  Die beste boulers was Gurshwin Davids (4-0-7-3); Christo Swart (3-0-11-2); Juan Havenga (2.3-0-7-2) en Jonathan Doyle (3-1-10-1).

Gansbaai KK reis eerskomende Sondag na Napier om te bepaal waar die eindstryd gaan plaasvind. Sterkte.

Sportiewe groete, Heinrich Vermeulen

Steeds Onoorwonne

Heinrich Vermeulen

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant