Black Leaves faal teen Sacol

Black Leaves faal teen Sacol

Gansbaai Courant

'n Oorgehaalde Safcolspan van Grabouw het die Gansbaaiers behoorlik hier lelik op hul neuse laat kyk vir 'n eerste oorwinning na drie wedstryde.

Met die ope vraag wat nou in die lug rondhang, met watter span gaan die skeidsregter, Gordon Cornelius komende Saterdag, 16 April, die beleërde Caledon daar anderkant pak? Om die hele A-span wedstryd in perspektief te neem, kan Black Leaves hulle ongelukkig ag met die verloor. Die wedstryd was nog asem ophoudend tot die bitter einde totdat Safcol die laaste Black Leaves flater uitbuit en die wedstryd in die sakkie plaas. Dit was hartseer om tuis te verloor.

Black Leaves het hulself gekelder met 'n gebrek aan afronding wat hulle planne gefnuik het. Met die uitsondering van 'n voorsprong van 13-6, kon die Baai nie die volgehoue druk toepas nie. Safcol speel hul terug in die wedstryd met twee onnodige drieë weens foute aan Black Leaves se kant. Divvy, Hickley, Stewart en Fritz sal regtig Caledon se no 11 vleuel, 13 senter en 15 heelagter in toom moet gaan hou anders gaan die poppe weer dans. Die vuur wat Daniël, Ampie en Bergbees kan verskaf sal hul jonger troepe in die span beslis moet aansteek teen Caledon. Maak reg Black Leaves.

Die B-span verloor ook hul wedstryd in die proses teen die swaar B-span van Safcol. Twee skitter drieë deur die vleuel, Brendan Natal en 'n doelskop deur Neslin en 'n geslaagde stafskop deur Geortin Wildschutt laat die C-span met 15-8 seëvier. Black Leaves in geheel gaan maak eers klaar met Caledon en dan Hawston hier tuis op 23 April, dan is die Kaap weer Hollands.

Black Leaves bedank ook hul getroue ondersteuners onder die  afdakstoep soos Boeta, Money Engel, Poff, Sarel, Martin Otto, Mervyn, Hen, Brian, Len, Klein Oubol en Dawie en al die ander.  Kom kuier weer saam met die klub en geniet die wedstryde.                                                        

So Sê Bra "G"

Black Leaves faal teen Sacol

Verloor 26-37

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant