Rolbalnuus (15 April 2016)

Rolbalnuus (15 April 2016)

Gansbaai Courant

Hierdie tyd van die jaar is dit slegs die bittereinders van rolbal wat aan toernooie deelneem.  So het agt spanne van drie spelers elk op Dinsdag, 5 April 2016 by Franskraal Rolbalklub opgedaag vir ʼn geslote driespel toernooi.  ʼn Motreëntjie het twee keer gedreig om die pret te bederf, maar het opgeklaar om eintlik in ʼn aangename dag vir rolbal te ontwikkel. Hoewel slegs spelers van Franskraal deelgeneem het, was die mededinging kwaai wat goeie gehalte spel tot gevolg gehad het.

Die borg vir die dag was Hermanus Toyota en hulle verteenwoordiger, Oosie Oosthuizen en ʼn kollega het die prysuitdeling waargeneem.

 Hermanus Toyota is ʼn jarelange ondersteuner van Franskraal Rolbal en Franskraal het groot waardering daarvoor. Die uitslae van die toernooi is soos volg: In die eerste plek was Sakkie van Zyl, Jaco Swart en Theuns Roodman met 21+16 punte, gevolg deur Hettie Lass, Marie Pretorius en Gerrie Fourie met 19+11 punte, met Gideon Pienaar, Kim Breach en Kristo Jooste in die derde plek met 19+9.

Pieter Conradie, President

Rolbalnuus (15 April 2016)

Pieter Conradie

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant