Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

Gansbaai Courant

Op 17 Maart vanjaar het Johan van der Mescht van Franskraal aan die WP Skiet-kampioenskappe deelgeneem en wel in die geweer- en “handgun”-afdelings. Soos in die geval van vorige beriggewings, het Johan weer behoorlik “geblom” tydens die kampioenskappe, met die volgende uitstekende uitslae: Geweer-teleskoop-afdeling: 2 x 2de plekke en 1 x 3de plek; Geweer-oop-visier-afdeling: 3 x 1ste plekke; Onbeperkte “handgun”-afdeling: 1 x 2de plek; Sport-“handgun”-afdeling: 1 x 1ste plek en 1 x 2de plek; Lug-pistool-afdeling: 1 x 1ste plek.

 “Soos gewoonlik was die Suid-Ooster ‘n faktor om mee rekening te hou,” vertel Johan. “Die teikens op die ver afstande wat met die agtergrond saamsmelt, was ‘n groot uitdaging, veral in die oop-visier-afdelings.” Johan sê egter dat goeie tellings behaal is, veral deur die dames. Op die foto (bl 22) is die verskillende grootte teikens wat van die kleinste tot die grootse met die oop-visier-gewere en oop-visier-“handguns” onderskeidelik op 25m, 50m, 75m en 100m geskiet word. “Wat hierdie sportsoort besonders maak, is die goeie sportmangees en kameraadskap tussen al die deelnemers,” is bykans met elke berig Johan se kommentaar. Die volgende kampioenskappe wat vanjaar nog voorlê, is die Wêreldskiet, WP-Classic en die Atlantis Classic.

Hardus Botha

Johan “blom” by Skiet-kampioenskappe

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant