Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

Gansbaai Courant

Ons VLV maandvergadering onder leiding van Alida Stander, Gesondheidsportefeulje, was goed beplan en die VLV dames het ‘n heerlike middag saam met puik sprekers deurgebring.

Me Desiree Pitzer het die dames van die gebruik van borrie met swartpeper as medisyne vir inflamasie vertel. Ons hoofspreker, me Ina Geldenhuys, Tuiskoördineerder van Ikamva en ook werksaam vir die Gesondheids departement, het die dames vertel wat haar werk behels. Sy is al die afgelope 12 jaar hierby betrokke en is verantwoordelik vir werkers (versorgers) onder haar, wat help met die siekes. Hulle lei ook persone op wat aan die einde van hulle opleiding sertifikate ontvang. Hulle besoek pasiënte by hulle huise, versorg hulle wonde en sorg dat die HIV en TB pasiënte hulle pille drink. Kos en klere word ook aan hulle verskaf. Ina is 24uur beskikbaar indien daar ‘n behoefte is of meer inligting omtrent hulle werksaamhede benodig word.

Tess du Toit van die Butter Crème Bakery het die Dames ingelig oor allerlei gesondheidsbrode wat by haar bestel kan word. Sy het van haar brode, waarvan sy ook toebroodjies gemaak het, vir ons gegee om te proe, uitgestal en heel brode is verkoop. Daar was ook ander gebak en gesondheids eetgoed wat sy aangebied het. Sy spesialiseer ook in Banting brode.

VLV Gansbaai het ook onderneem om die biblioteek te help met hulle projek om kombersies te maak. Ek is seker ons gaan by ons volgende vergadering heelwat blokkies kry om vas te werk. Op 3 Mei vier Gansbaai VLV hulle 63ste verjaarsdag om 15:00 in die Pretoriussaal. Dit gaan vet pret wees, aangesien die tema “Kinderpartytjie” is. Die lede moet aantrek soos ‘n kind en haar geliefde pop/beertjie (as hulle nog so iets het) saambring.  Daar gaan ‘n prys uitgegee word vir die oulikste kind. Indien daar belangstelling is om die dag saam ons te kom vier en ook te sien waaroor VLV gaan, skakel Ronel de Villiers by 028 38 42150.

Op 7 Mei 2016 hou VLV Sirkel Overberg ‘n Internasionale Damesoggend in Klipdrift, Oudekraal Venue (Ko-ordinator Suid34-21-32.7 E.O.19-37-53.2). Op die Stanford/Caledonpad, draai by die Oudekraalpad af.

Spreker is Hélène Truter (Antie Poppie van Vetkoekpaleis). Dit beloof om ‘n oggend vol pret en plesier te wees, met disse uit 7 verskillende lande om aan te proe, gelukspakkies en lootjies. Kaartjies, R100 pp is by Rienie (028 38 41170) beskikbaar. Kom geniet die oggend saam met ons op ‘n pragtige plaas en venue. Sien julle daar. Ons vergadering sluit af met heerlike verversings en ‘n verskeidenheid gesondheidstoebroodjies.

Gansbaai VLV Nuus (21 April 2016)

Rienie Ludick

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant