Wanneer jy nie meer kan nie - gee liefde!

Wanneer jy nie meer kan nie - gee liefde!

Gansbaai Courant

“En Jesus het hom aangekyk en hom liefgekry en vir hom gesê: Een ding kom jy kort—gaan verkoop alles wat jy het, en gee dit aan die armes, en jy sal ‘n skat in die hemel hê; kom dan hier, neem die kruis op en volg My.” (Mar. 10:21)

Daar kom baie tye in ons lewe wat ons net voel: “Ek kan nie meer nie!” Dis tye wanneer alles om ons verkeerd loop, dinge nie wil uitwerk soos ons dit beplan het nie en ons ons vasloop teen enige poging om ’n verandering te maak. Mense stel jou teleur en kinders vryf jou verkeerd op. Het jy al gevoel jy sommer hierdie aarde verlaat?

Ja, ons almal kom by daardie punt van ons lewe waar ons na bó skreeu: “HERE, help!” Maar al wat ons hoor is die geklop van ons eie hart. Dalk is dit dan wat jy moet gaan stilsit en luister wat GOD se Woord oor jou te sê het. GOD sê self:

“Ek het jou só lief dat ek bereid was om Myself na jou wêreld te stuur en langs jou gaan staan het en saam met jou deur jou gemors gesukkel het! (Joh. 3:16) Ek het jou só lief dat Ek ’n persoonlike verhouding met jou meer begeer as al die ure wat jy jy werk om jou aardse besittings te behou. (Mat. 6:33)Ek het jou hartstogtelik lief – selfs meer as wat jy as mens jou kinders, jou ouers of jou liefling kan liefhê. (Jes. 49:15)”

Dalk het ander mense belowe dat hulle jou sal liefhê en toe nie gedoen nie. Onthou net GOD het dit belowe – en gedoen deur Jesus, Sy Seun. Sy liefde hou nie op nie – en as jy vandag Hom toelaat om jou voluit lief te hê, sal dit jou ook vul met ’n intense liefde waarmee jy ander mense ook kan liefhê. GOD se liefde vir jou is in oorvloed (Joh. 10:10) – en as jy ’n lewe van oorvloed en geluk wil hê, moet jy Sy liefde met ander begin deel. Die grootste geskenk wat jy aan jouself en aan ander kan gee- is om die liefde van GOD uit te deel. Net daar waar jy is – vertel aan die ander mense om jou dat GOD hulle lief het – en dat jy hulle ook lief het!

As jy nie meer kan nie – deel GOD se liefde uit! As jy voel jy het niks meer om te gee nie – deel nog meer van GOD se liefde uit – dit is binne-in jou en die Heilige Gees sal jou volmaak soos die reën die damme volmaak en jou laat oorloop met liefde! Komaan! Laat ons almal dieselfde doen en liefde uitdeel soos wat GOD aan ons liefde gegee het! Jy het só baie om te gee! Hoe meer jy gee, hoe meer kry jy!

Wanneer jy nie meer kan nie - gee liefde!

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant