Bietoubossers en Manne-kuite

Bietoubossers en Manne-kuite

Gansbaai Courant

 “Dis skrikkeljaar en Aletta Löchner en Marie de Jager wat die Bietoubosbyeenkoms van 12 April met hulle span moes reël, het nie op hul laat wag nie: die manne - dis nou die manne van die NG Mannekoor - is genooi… en hul het Ja gesê,” vertel Elizma de Lange van die Bietoubos Damesklub van Perlemoenbaai en De Kelders.

Daar is op ‘n Manne-kuiteparade besluit. Die manne, wat vir skrikkeljaar soos “statige” dames moes aantrek, het agter die gordyn stelling ingeneem. Net hulle kuite kon gesien word, met ‘n naambord langsaan. Die Bietoubossers moes raai-raai totdat die regte man by die regte kuite uitgekom het. Interessante opmerkings is gehoor: “Mooi kuite - sou selfs vir ‘n vrou mooi gewees het”; “Dun kuite - kan net Hennie s’n wees”; “Wie’t nou gedink die manne kan sulke mooi kuite hê?”!

Soos die kuite aan die regte naam gekoppel is, moes hulle een-een te voorskyn kom om hul “uitrustings” te vertoon. Daarna het die manne die dames beloon met hul uitstekende koorsang onder begeleiding van Aletta Löchner, met die opmerking: “Hulle het nie net mooi kuite nie, hul kan nog mooi sing ook!” Die gasvroue en hul span se heerlike versnapperinge het ook vir die manne se “aptyte” voorsiening gemaak.

Die Bietoubossers se byeenkomste vind elke tweede Dinsdag van die maand plaas en dames van De Kelders, Perlemoenbaai en Gansbaai kan die voorsitter, Annette van Zyl by 028-384-1075 skakel, of skakel vir Elizma de Lange by 028-384-1963.

Hardus Botha

Bietoubossers en Manne-kuite

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant