Baie plesier

Baie plesier

Gansbaai Courant

Nog ‘n week is verby en weer eens kan nie gekla word oor vangstes nie hoewel die manne wat hoopvol bly vir geelbek nog so rukkie sal moet wag. ’n Paar klein snoekies het ook die aas gevat. Wat verblydend is is die groot verskeidenheid vis wat ongelukkig slegs per boot bereikbaar is. Daar is darem ook uitsonderlike vangstes gemaak, kyk bietjie na die meegaande foto’s.

My groot “lekkerkry” was toe ek iemand op die boot gehad het vir wie dit, kan jy maar sê, ‘n eerste keer was, laat staan nog die visvangery. Dan was die man nog nuuskierig en het alles bevraagteken  --  hoe hou jy die boot op koers  --  hoe werk die GPS, hoekom maak jy die anker op twee plekke vas? Wat se vis is dit en kan ek vat aan hom? Hoe werk die “fishfinder” en is dit ‘n rowwe see? (Miskien was hy maar net versigtig, in dié stadium). Die stukkie waar ek hom laat stuur het (weet jy moet eintlik nie, maar hy het so mooi gevra, en ek het streng toesig gehou), was sy genot iets om te aanskou. Moenie dink die man is onnosel nie, hy is ernstig aan die studeer. Dit laat jou ook bietjie dink, sommige goed aanvaar jy mos as vanselfsprekend en illustreer maar net wat ondervinding vir jou kan beteken.

Daar was nog twee ander manne by, waarvan die een redelik hard “gebrul” het. Hy was nogtans baie dankbaar vir die geleentheid om op see te kon kom. Die derde outjie het ernstig gehengel en heel goed gevaar. Ek dink hy gaan sorg dat die ander twee die vis skoonmaak!!

‘n Heel aangename dag gewees.

Groete, Seemeeu

Baie plesier

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant