Hawston karnuffel Black Leaves op hul tuisveld

Hawston karnuffel Black Leaves op hul tuisveld

Gansbaai Courant

Wie kan dit te wagte wees dat die “Kings” die gedugte “Lions” kan klop? Nie veel nie. Hawston, een van die beste spanne in die kompetisie het hier net te veel skietgoed gehad om Black Leaves met 48-13 af  te ransel.

Black Leaves was nie naastenby die span wat daar anderkant met Caledon gaan afreken het nie. Black Leaves het vroeg die enigste voorsprong van 3-0 geniet met ‘n puik strafdoel vanuit die halfgebied. Hawston het met goeie konstruktiewe spel vorendag gekom en die drieë begin inryg. Met die groot eerste helfte telling alreeds op 26-3 was die skrif reeds aan die muur.

Met die aanvang van die tweede helfte het die Gansbaaiers steeds die groot skare vermaak met nog lekker hardloop rugby en behaal in die proses hul enigste twee drieë. Die Baai het hulself telkemale lelik in die voet geskiet met te veel verkeerde opsies wat die foute veroorsaak het. Ten spyte van die geelkaart wat Hawston se slot (No. 4) gekry het, kon die Baai dit nie uitbuit nie. Hawston is welliswaar die span met vorm in die kompetisie, maar dit gaan oor wie gaan laaste eindig en die Baai hou nie van sulke situasies nie.

Black Leaves sal egter  sy spel 120% moet opknap as hulle nog enigsins  ‘n sê wil hê in die kompetisies. Die kans is daar om komende Saterdag (30 April) teen Botrivier te gaan regmaak. Black Leaves se C & B spanne verloor ook teen Hawston.

So sê Bra “G”

Hawston karnuffel Black Leaves op hul tuisveld

So Sê Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant