Herinneringe

Herinneringe

Gansbaai Courant

Weer tyd om ‘n herhaling van die ou Hardebaarde te plaas. Hierdie keer kom een van die dames aan die beurt en het oorspronklik op 25-11-2005 verskyn.

Hardebaard? Nie die keer nie! Ons sluit hierdie Hardebaardreeks af met ‘n dame. Dixie Walsh kan met die bestes saamgesels. Vanaf kindsdae al het sy met haar broer en pa van die kant af visgevang. Sy het om en by 1989 met Visvoet (destydse skipper, Pine Pienaar) begin bootvisvang (hengel is seker vandag ‘n meer gepaste woord). Visvoet het op ‘n keer met haar en Pine by Kopsteen in die moeilikheid beland toe ‘n fratsbrander haar van die boot afgeslaan het. Gelukkig het albei van hulle veiligheid bereik. Voorheen het dit ook met haar gebeur toe hulle boot (die naam kan sy nie meer onthou nie) by Teegat omgedop het. Piet Smal het hulle die dag opgepik en agterna gespog met die “tannie” wat hy gevang het! Visvoet is mettertyd verkoop en sy het toe (ongeveer vyftien jaar terug) begin “crew” op Solitaire. Oorlede Essie Esterhuizen het geskipper.

Solitaire, glo dit as jy wil, het ook by Kleinbaai tussen die bamboes omgedop. Sy en Essie se vrou kon weens die kwaai water nie swem nie, maar die rowwe water, sê sy, het hulle ook veilig op die kant uitgespoel. Sy lag nou daaroor en meen die see wil haar nie hê nie!

Sy kan nie meer so gereeld see toe gaan nie maar “crew” nog steeds op Panache waarvan Kobus du Toit die skipper is. Dixie sê vir haar is groot vis se vang soos poeding. Sy het ook geen probleem met die grotes se inbring nie  --  dit word bewys deurdat sy op ‘n stadium 4e op die klublys was uit ‘n totaal van 22! Haar voorliefde is geelbek en kabeljou (sy hou die rekord op die oomblik vir die swaarste kabeljou vanjaar). Hulle het op ‘n keer probeer geelstert aankeer, met geen sukses nie. Sy het ‘n bol rooiaas aangesit en ‘n bielie gevang. Glo haar maar. Sy het ook geen probleem daarmee om meestal die enigste vrou op die boot te wees nie, die verstandhouding tussen haar en die res van die bemanning was nog altyd goed en hulle verstaan mekaar. Hoeveel mense weet van die volgende?   --  sy gaan haal ‘n versameling beentjies wat uit ‘n kabeljou se kop kom en waarvan juweliersware gemaak word. Sy glo verder dat jy eers moet koffie drink voor die vis sal begin byt. Hierin ondersteun ek haar. Dixie wil vis vang tot sy 75 is. Darem nog ‘n jaar of wat om te gaan, hoor.

Groete, Seemeeu

Herinneringe

Seemeeu

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant