Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

Gansbaai Courant

Wat ‘n wonderlike fantastiese gevoel is dit nie om na ‘n paar jaar se harde werk en ondersteuning vanuit die skool en die gemeenskap met die opgradering van Laerskool Gansbaai se Netbal- en Tennisbane te begin nie,” sê Chrizülene van Niekerk, organiseerder van die projek. “Dit is meer as 40 jaar gelede wat die bane gebou is en die nodige opknappingswerk het broodnodig geword.”

Sy sê as gevolg van die hoë kostes om hierdie bane oor te doen, is ‘n projek wat die skool net eenvoudig nie kan bekostig nie. “Tyd vir inspring en fondse te in was egter al wat nodig was.” ‘n Hele paar fondsinsamelings soos hoenderbraaie, hamburgeraand en  vroue-oggende is gereël, maar die opknappingswerk kon steeds nie begin word nie.

“Maar toe kom daar ‘n groot ommeswaai van drie besighede, by name Gansbaai Superspar, Atlantic Abalone en Aqunion en dadelik het die opgradering ‘n realiteit geword - wat ‘n fantastiese voorreg!” Soos op die meegaande foto’s gesien kan word, het die werksaamhede op 20 April 2016 begin en sake verloop sommer baie goed. “Opdatering en die voltooiing van die projek sal eersdaags volledig gepubliseer word,” sê Chrizülene. “Baie dankie aan elkeen wat gehelp het om tot hierdie projek by te dra.” 

Eerskomende Vrydag, 29 April word daar weer ‘n hoenderbraai gehou om nog so ‘n bietjie fondse vir die projek te in. Kaartjies is nog beskikbaar teen R50,00 en sluit die volgende in: ‘n halwe hoender, aartappelslaai, kerrienoodleslaai en ‘n broodrolletjie.

Vir navrae en/of kaartjies kan Chrizulene van Niekerk by 082-873-6889 gekontak word of stuur ‘n e-pos aan haar na park48@telkomsa.net.

Hardus Botha

Laerskool Gansbaai - Opgradering van Netbalbane en Tennisbane

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant