Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

Gansbaai Courant

Dit was nou ‘n baie ongelukkige uitslag teen Botrivier daar anderkant om met 29-26 te verloor.

Ten minste het dit darem ‘n drastiese verandering op die punteleer gebring. Black Leaves wat voor hierdie wedstryd die 9de posisie met 9 punte na 6 wedstryde beklee het, skuif nou na die 6de posisie uit 11 spanne, danksy verlore deur die agterste spanne en 3 spanne wat dieselfde totaal punte as Black Leaves gehad het. Ranger van Bredasdorp, een van die onderste spanne, besoek die Baai op Saterdag, 7 Mei.

Black Leaves het sommer gou ook die voortou met ‘n doel van 7-0 geniet toe hulle ‘n lopie wen al veldlangs agter ‘n los bal aan en Kristen Martin die bal toeval agter die doellyn, verdoel deur Brendan Dickson (Divvy). Kort daarna verbrou Divvy met ‘n strafskop pale toe om die sout nog dieper in te vryf. (Een van sy swakstes.) Botrivier veg verbete terug en behaal in die proses ‘n drie (7-5), net om kort daarna te bewys dat die tuisveld aan hulle behoort, is die tuisskare rasend toe hul span deur die Baai se verdediging bars om die voortou te neem met ‘n doel (12-7).

Botrivier begin die oorhand neem en draai die sluise van die riviere oop om maar net weer agter die doellyn te gaan kuier vir ‘n doel (19-7). Allan Tobias bring die halftyd telling op 19-12 te staan met ‘n manjifieke drie reg in die regterkantse hoekies van Botrivier. Jammer vir Brendan Natal (vleuel) wat die veld moes verlaat in die eerste helfte weens ‘n besering. Met die aanvang van die tweede helfte neem Botrivier die telling na 29-12. Dit was hier waar die Baai kliphard terug geveg het met nog 2 pragtige drieë deur Colin Sauls en Divvy (albei verdoel deur Divvy). Met nog genoemsame speeltyd oor kon die Baai net nie die knoop deurhaak nie weens ‘n paar ongedwonge foute en verkeerde opsies hier en daar, maar Botrivier was tjoepstil langs die veld. Ironies genoeg was Melvin Tobias (Staaldraad) as speler van sy span aangewys, andersins was dit welliswaar ‘n goeie spanpoging en die manne kan moedskep om Bredasdorp Saterdag ore aan te sit.

Miskien is dit die regte tyd dat die afrigters Gordon Cornelius sy skakelpaar moet “change” met Elrich Dunsdon (Pokkels) op No.9 en Divvy op No.10. Met ‘n bietjie meer gewig voorlangs kan dinge nog beter gaan en andersins vestig Elvino hom goed op slot en Black Leaves se los trio komponeer ook goed saam.

Black Leaves se C & B spanne duik ook weer in die hek en verloor ook hul wedstryde sonder om enige punt daaruit te verdien. Meer intensiteit word benodig vir Black Leaves se drie spanne om wedstryde binne en buite te gaan wen soos ander spanne. Bredasdorp Rangers kan hiervandaan die vertrekpunt wees. Sterkte Black Leaves.

So sê “Bra G”

Black Leaves se veggees met 2 punte beloon

So Sê Bra G

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant