Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant het op 1 Mei vanjaar, ná 17 jaar, van eienaar verwissel. Die stigters van die Courant, Francois en Deonora de Jongh, lê nou die tuig neer en is opgewonde dat die nuwe eienaar/uitgewer, Marinda van der Walt, die regte persoon is om die Courant-tradisie van gemeenskapsdiens voort te sit. Met Hardus Botha as redakteur (om haar by te staan) en ‘n ervare redaksiespan in Monica Hayes en Samantha Otto, sal dit net goed gaan.

“Die mondstuk van die Strandveld” wat in dié tyd oor die wel en weë van die gemeenskap berig het, is nou ‘n gevestigde gemeenskapskoerant. Ons wil graag hiermee ons dank en waardering teenoor die gemeenskap, wat ons oor die jare heen so getrou ondersteun en onderskraag het, uitspreek. Mag dit in die toekoms net goed gaan met ons dorp en sy mense, waarvan ons steeds deel sal wees. Hiermee lê ek dan nou my nuuspen neer en neem my letterkunde-pen op om die laaste bietjie ink, wat nog vir my vergun mag word, uit te skryf.

Francois de Jongh

Redaksionele kommentaar:

Hiermee die redaksiespan, Hardus Botha, Monica Hayes en Samantha Otto, se woordjie van afskeid aan Francois en Deonora de Jongh as die span se getroue werkgewers oor etlike jare heen. Hetsy onder “ongure of gure weersomstandighede” in Gansbaai Courant se kantoor, is die span met dankbaarheid gevul oor werksgeleenthede te midde van aangename werksomstandighede, goeie begrip en ondersteuning waar en wanneer dit nodig was. Alleen die aller beste omstandighede, gepaardgaande met goeie gesondheid, word julle toegebid. Ons vertrou dat julle vele aftree-planne onder die seënende hand van ons Hemelse Vader sal realiseer. Geniet julle aftrede, julle kinders en julle kleinkinders terdeë. Die redaksiespan groet julle met net die beste wense vir die toekoms!

In dieselfde asem, ‘n voorlopige en hartlike welkom aan Gansbaai Courant se nuwe eienaar en uitgewer, Marinda van der Walt. Lees meer in die volgende uitgawe oor hierdie Vrystater wat vasbeslote is om hier in Gansbaai, Wes-Kaap dieselfde gemeenskapsdiens as haar voorgangers deur middel van Gansbaai Courant voort te sit. 

Hardus Botha: Redakteur 

Totsiens…Francois & Deonora de Jongh

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Recent Posts

Skelm teer sy pad terug selle toe

Skelm teer sy pad terug selle toe

‘n Ou skelm het Maandag spreekwoordelik in die leeu se bek ingestap toe hy ‘n...

Gansbaai Courant
DICT turns trash into treasure

DICT turns trash into treasure

Annually, the world unites in a coastal clean-up initiative.

Gansbaai Courant
Moedige Carli wys 'duimpie op'

Moedige Carli wys 'duimpie op'

‘n Glimlaggende Carli Swart (7) het Dinsdag, 19 September 2017...

Gansbaai Courant
Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Korefees gevul met luisterryke lofprysing

Luisterryke koorsang en lofprysing het die NGK se kerkgebou Sondag...

Gansbaai Courant
Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

Verstommende 9 054 stukkies rommel opgetel

39 rommelrowers het Saterdag deel uitgemaak van Internasionale Kus Opruimdag.

Gansbaai Courant
Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Astroquiz-Gansies ontdek die heelal

Die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) in Kaapstad bied reeds die afgelope paar jaar...

Gansbaai Courant